Geestelike ontwikkeling = 10/10/10 Journey!!

Energie, commitment en geestelike ontwikkeling = 10/10/10 journey!!

• Energie

Ronald Rohleiser definieer spiritualiteit as volg: "Spirituality is about what we do with the fire inside of us!" Daarom is die teenoorgestelde van gesonde spiritualiteit om geen energie te hê nie, om alle lus vir die lewe te verloor. 10/10/10 is ‘n journey waarop ‘n nuwe generasie saam besluit wat hulle, vir 10 weke, met die energie (vuur) binne hulle wil doen.

• Commitment

101010 - Die Journey

Ons almal het al die begeerte (al was dit slegs ʼn Nuwejaars-voorneme) gehad om in goeie shape te wees of om fiks te word. Ons almal ken ook die frustrasie wat gepaard gaan wanneer ons nie in shape kom of onfiks bly.

Feminae 2010 - Bruilof Jaar

Feminae 2010

Dit is 'n voorreg om hierdie jaar weer saam met jou uit te sien na dit wat die Vader vir ons ingedagte het. Ons fokus hierdie jaar op die tema die Bruilof en elke onderwerp by ons Feminae aande, gaan hierby aansluit. Feminae wil hierdie jaar weer poog om die bediening wat op Kol 2:2-3 gebaseer is uit te leef en saam wil ons stil word en leer van die mistieke geheime van God.

Mosaïek Stapklub

Die Mosaïek Stapklub het ontstaan in 2008, en sedertdien vind stappe op ʼn gereelde basis plaas. Stappers word die geleentheid gegun om die natuur te ervaar en van die stad se geraas en gejaag te ontsnap.

"Visual Poets" Mosaiek se Beeldende kunste groep

Die "Visual Poets is 'n groep dinamiese kunstenaars vanuit die gemeente wat die geleentheid skep vir beeldende kunstenaars om hulle passies en gawes aan te wend binne 'n kreatiewe omgewing.

Daar is verskeie kuns vorme wat ondersteun word:


- Mosaiek werke
- Skilder werke
- Installasie werke
- Beeldhou
- Skets werk
- Pewter
- Fotografie
- Sement
- En vele meer