



Bokkie van der Westhuyzen is die Maatskaplike Werker en Imago Verhoudingsterapeut by Wholeness@Mosaiek. Kontak haar gerus by 011 2157211 of epos haar by bokkiev@mosaiek.com
Dr Martie de Wet is die dieetkundige by Wholeness@Mosaiek. Kontak haar gerus op 011 215-7210 vir 'n afspraak of e-pos haar by dieetkundige@mosaiek.com.
Werner Human is tans die leier van die Pastorale Sorg-been by Wholeness. Hy is ‘n dosent in Psigologie aan die Universiteit van Johannesburg. Hy is ook besig met sy Doktorsgraad in Adult Attention Deficit Hyperactivity Disorder.
By Wholeness fokus Werner op een van sy belangstellings, psigoterapie, asook ondersteuningsgroepe, berading vir pare en individue, egskeiding, kliniese werk, leierskap en die ontwikkeling en voorlegging van leerervarings.
SIELKUNDIGE / PSYCHOLOGIST
(Scroll down for English)
Dr Johan Ferreira kwalifiseer aan die Universiteit van Stellenbosch as sielkundige en praktiseer by Lugmagbasis Ysterplaat in Kaapstad vir sewe jaar. Dis hier, as senior sielkundige en hoof van die mediese kliniek, waar die funksionering in ‘n multi-professionele span die grondslag gelê het vir die benadering om die mens in sy geheel te behandel. Sy Magistergraad-verhandeling het oor 'n vier jaar navorsingstudie van Seisoenale Depressie gehandel. Die diagnosering en behandeling van depressie is steeds een van die fokus-areas in sy praktyk.
Dokter Burt Jooste begin sy studieloopbaan in 1996 aan die Universiteit van Pretoria, waar hy sy B. Comm graad in Hotel & Toerismebestuur suksesvol voltooi in 1998. Daarna het sy belangstelling in medisyne opnuut opgevlam, en het hy met die onmoontlike taak begin om aansoek te doen vir Medies. In die daaropvolgende jaar studeer hy deeltyds aan die Noordwes Universiteit (voorheen PU vir CHO) in die velde van Sakebestuur, Gevorderde finansiele bestuur & Bestuurskonsultasie.