Dieetkundige - Malani du Toit

Malani du Toit verwerf haar BA MBW (menslike bewegingskunde) in 2002 en B Sc Dieetkunde in 2005 aan die Noordwes-Universiteit Potchefstroom. Sy voltooi haar gemeenskapsdiensjaar by Generaal de la Rey Hospitaal te Lichtenburg in 2006, en registreer dan ook as Dieetkundige by die Gesondheidsraad.

Ondersteuningsgroep vir Diabete / Support group for Diabetics

Hierdie ondersteuningsgroep by Wholeness @ Mosaiek in Fairland, Johannesburg, is gerig op individue wat die gevaar loop om diabetes te ontwikkel, persone wat reeds gediagnoseer is met diabetes, of persone wat saam met 'n diabeet leef.  Cornelia Laubscher is die fassiliteerder van hierdie groep.

  

Kanker Ondersteuningsgroep / Cancer Support Group

Wholeness @ Mosaiek het 'n KANKER-ondersteuningsgroep wat op die eerste Maandag van elke maand bymekaar kom in die Genesis gebou. Marita Pohl is die fassiliteerder van die groep. Hier sal jy kan kennis maak met ander kankerpasiënte en hulle geliefdes om insae, raad en inspirasie te kry oor hulle hantering van bepaalde omstandighede binne die konteks van kanker.

Kardio Flex Oefenklasse

Pas jou liggaam op –beweeg hom! Beweging is die teken en essensie  van lewe .Die modern lewenswyse dwing die mens om minder te beweeg. Daarom ly mense al meer aan hartkwale, diabetes ,vetsug en depressie. Ons bied bewegingsklasse aan juis met die doel om vir n uur  lank  te  beweeg !

Homeopaat - Liza Pretorius

 

Dr. Liza Pretorius is die Wholeness Sentrum se eie geregistreerde homeopaat.

Sy het die volgende te sê oor hoe sy haar pasiënte as homeopaat benader:
“Dit is vir my baie belangrik dat elkeen van my pasiënte sal weet dat hy/sy gedurende ons konsultasie die belangrikste persoon in die vertrek is. Dit is vir my ook belangrik om ‘n vertrouensverhouding met my pasiënte op te bou sodat hulle die vrymoedigheid kan hê om enigiets met my te bespreek.