



Tydens die Kersseisoen gaan ons dienstye onveranderd voort om 09:30 en 19:00 op Sondae tot 3 Januarie, waartydens die oggendtema in die aand herhaal sal word (behalwe 20 Desember).
(Vanaf 10 Januarie word 'n addisionele oggenddiens bygevoeg, en sal die dienstye 08:30, 10:15 en 19:00 wees)
Die preekspan van Mosaïek bestaan hoofsaaklik uit Johan Geyser, Trevor Hudson, Gys du Plessis en Stephan Joubert. Ander Mosaïek-spanlede, soos Johan Beukes en Jacques Bornman, kry ook die geleentheid om hulle harte te deel; saam met gaste soos Theo Geyser en Koos van der Merwe. Internasionale sprekers soos Rob Bell, Erwin McManus, Brian McLaren, Archibald Hart en Ron Martoia is ook al by ons verwelkom.
Nagmaal word vier keer per jaar tydens ons Sondagbyeenkomste in die Teatro bedien, en ook tydens ons Goeie Vrydag-byeenkomste, en Oujaar/Nuwejaarsbyeenkomste.
Nagmaal is deurlopend in ons Klipkerk beskikbaar, vir persoonlike gebruik.
Informele dienste waartydens relevante lewensissues aangespreek word.
(Beide dienste is eners. Lees meer hieroor by http://www.mosaiek.com/dubbelvisie)
Die aandbyeenkoms herhaal gewoonlik die oggendtema en word spesiaal verweef met die Nuwe Generasie in gedagte.