Lydenstyd 2011

Skrif van Lydenstyd

Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar  Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.

Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. En nadat Hy  veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie. Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.

~Matteus 3:13 tot 4:11

 

In hierdie skrifgedeelte kry ons te doen met baie van die temas waarmee ons in Lydenstyd wil reis...

  • Die plek van roeping om God te volg en te doen wat Hy vra
  • Om te kan hoor wat Hy vir ons sê, deur sy Woord te kan ontvang – en te glo ons is sy geliefde
  • 'n Doelbewuste beweging na die woestyn waar afsondering en opoffering plaasvind
  • 'n Ruimte waar ons onsself kan ontdek – ons valse en ware self ... en ook kan omgaan met die wilde diere om ons en in ons, en met versoeking kan deel
  • Waar ons te doen kan kry met die bonatuurlike (die engele) ... waar die sienlike en onsienlike naby aan mekaar kom.
  • Waar ons kan ontwaaken ons plek in God se skepping kan waarneem en erken.

Here, rig my voete op die Lydenstyd-weg

waar U wil hê ek moet gaan.

'n Uitnodiging na Lydenstyd

'n Uitnodiging na Lydenstyd

Annemarie Kidder het neergepen waar Lydenstyd vandaan kom, en vang iets vas omtrent die hartklop agter Lydenstyd. Lydenstyd is 'n seisoen waartydens jy op 'n innerlike reis kan gaan – waar jy doelbewus met God en jouself tyd spandeer. Dit vra afsondering, opoffering met die doel om eindelik te transformeer.

'Purify your inner life.' James 4 Msg

Die Lydenstyd-reis fokus op die tyd van Jesus se doop, sy tyd in die woestyn tot na sy versoeking (Matthéüs 3:13 tot 4:11). In hierdie bewegings, kan ons iets leer omtrent transformasie: om te verander moet ons woestyn toe gaan. In hierdie Lydenstyd van 40 dae nooi ons jou uit om ...

  • Stilte en afsondering in jou daaglikse ritme in te bou.
  • Offer iets op wat jy voel jy dalk verknog aan is.
  • Doen die innerlike werk wat hierdie begeleidings in jou wakker maak.

Mag jy deur hierdie Lydenstyd dan ook duidelik God se stem hoor, dat jy sy geliefde kind is; en mag jy ook deur engele bedien word.

Johan Geyser

Kultuurargitek: Mosaïek

 

'The desert fathers and mothers were the inspiration for the church's season of Lent. In the fourth century, bishops visited these solitaries living in caves in the wilderness of Egypt and were inspired by die visible joyous witness of Christian discipleship. They wanted members of their parishes to catch a glimpse of the healing power of the solitary life. And since they could not arrange for caravans to bring all the people out into the wilderness, they resolved to bring the wilderness to them: For forty days prior to Easter, parishioners would enter wilderness territory, not out in the desert of Egypt but in their own familiar surroundings through a Lenten discipline, marked by abstinence. Fasting, simplicity and silence were to reconstruct the austere and fierce conditions of wilderness living; and instead of wrestling the demons in caves and monastic cells, believers would be setting foot in the cave of their soul. By eating less, doing less, and doing with less, they were brought face-to-face with the powers and demons that owned them, the habits that controlled them, and the possessions and attachments that had taken precedence over the place of God in Christ.'

~ Annemarie Kidder, The Power of Solitude

An invitation to the Conversation …

It is our great pleasure to invite you to Mosaïek Conversations – the second initiative in our journey to converse about what Spirituality looks like in the complex life of the 21st Century.

Terugvoer oor Kruisstasies 2010

Ons het verskeie terugvoerboodskappe oor vanjaar se Kruisstasies ontvang, wat toon dat dit vir baie ‘n diep spirituele ervaring was:

 

  • Dit is wonderlik. Elke jaar is dit soos ‘n terugruk na wat die lewe werklik oor is. Mens derail. Dit help net soveel meer om mens weer gefokus te kry en op die regte pad.

Conversations Speakers ...

The day-and-a-half event consists of 6 keynote-sessions, and an elective of four break-out sessions.

Preekreekse