Hulpbronne en Groei

Groei en Hulpbronne: Welkom

Daar is verskeie geleenthede wat aangebied word om jou te begelei in jou journey met die Here, met die mense om jou en om 'n verskil in die wêreld te maak.

Ons glo dienswerk is 'n integrale deel van wat ons geloofslewe behels. Daar is verskeie ruimtes waar jy in ons gemeente en gemeenskap jou unieke talente, gawes en passies kan uitleef. Rig navrae aan jacquesb@mosaiek.com .

Die Mosaïek Akademie bied jaarliks 'n hele aantal modules aan (gewoonlik in ses weeklikse blokke) wat jou toerus oor 'n verskeidenheid onderwerpe wat aangebied deur vooraanstaandes in hulle velde. Rig navrae aan sonjak@mosaiek.com of maak gebruik van 'n onderstaande vorm om vir 'n opkomende module te registreer.

Die Persoonlike Ontwikkeling-span in die gemeente, begelei jou in jou verbintenis tot die plaaslike gemeente (Oriëntering), 'n verbintenis tot 'n verhouding met die Here (OPwaarts), 'n verbintenis tot 'n lewe in community met ander (METwaarts), en 'n verbintenis tot 'n lewe wat 'n verskil maak in die wêreld (UITwaarts). Rig navrae aan sonjak@mosaiek.com of maak gebruik van 'n onderstaande vorm om vir 'n opkomende gespreksgeleentheid te registreer.

Mosaïek Conversations vind plaas in September, en verwelkom verskeie gaste om 'n platform te skep vir gesprekvoering rondom tema's van spiritualiteit. Deur verskeie hoofsessies en opsionele werkswinkels bied die dag en 'n half geleentheid 'n inspirerende geleentheid om te groei in jou verhouding met die Here. Meer inligting sal van Julie 2010 af beskikbaar gestel word op die webruimte.