Communitas-groepe

Communitas

Communitas

Communitas is ’n samekoms van mense wat bymekaar kom om saam iets te gaan doen, bv belangegroepe, projekgroepe.

Hoewel elke groep ’n spesifieke fokus het wat hulle bymekaar hou is dit nodig dat alle groepe aan die 3 bewegings (na God, na mekaar en na die wêreld) blootgestel word.

Watter beweging het jou groep nodig om aan blootgestel te word?

Julle word uitgenooi en uitgedaag om deel te neem aan die volgende blootstellings geleenthede:

Verhouding met God:

  • Woon saam ’n retreat by Origins by
  • Woon as groep die Klipkerk byeenkomste by
  • Bou elemente van ’n luistergroep in jou groepbyeenkomste in
  • Woon as groep OPwaarts by

Verhouding met ander:

  • Maak dialoog deel van julle groepskultuur
  • Luister na mekaar se stories en neem dit op video op, of skryf dit neer. Plaas dit op die webblad
  • Eet en kuier meer saam
  • Woon as groep METwaarts by

Verhouding met die wêreld:

  • Besluit op ’n gee-jouself-projek en skep ruimte sodat elkeen volgens hulle gawes kan gee
  • Gaan as groep saam op ’n Mosaïek Pilgrimage
  • Wanneer jy dink en wonder of die Here jou groep in ’n sekere situasie wil gebruik, vat ’n kans en doen dit
  • Woon as groep UITwaarts by

Hier is 'n lys van al die communitas-groepe binne Mosaïek:

Preekreekse

Nuus