



Terapeutiese Dienste
By Mosaïek glo ons dat jou geestelike, emosionele en fisiese welstand ‘n kardinale deel uitmaak van jou algehele funksionering.
Daarom lewer Pastorale Sorg terapeutiese dienste as deel van ons wholistiese aanslag. Ons beoefen hierdie wholistiese praktyk deur elke individu, paartjie en gesin as uniek te beskou en in hulle spesifieke konteks te benader. Ons fokus is om hierdie mense te help om restourasie en transformasie in hulle eie lewens te bewerkstellig sodat hulle weer op hulle eie manier ‘n impak in die wêreld kan maak.
Die terapeutiese dienste bestaan uit pastorale-, kliniese- en maatskaplike terapie. As deel van hierdie dienste het ons ‘n span beraders, sielkundiges en maatskaplike werkers wat ons hierin bystaan.
Die proses begin deur met een van ons beraders te gesels wat jou vandaar na die regte persone sal verwys. Hierdie dienste is beskikbaar vir lidmate sowel as nie-lidmate, maar alle belangstellendes moet egter eers met ‘n berader gesels.
Ons dienste word verskaf by die Wholness Sentrum en by verskeie van ons baie bekwame medewerkers in hulle privaatpraktyk-hoedanigheid.
Afsprake en navrae kan gerig word aan Kinny Sinden-Combrinck by 011 215 7207 of kinnys@mosaiek.com.