Spesiale gas 12 September
Ons verwelkom komende Sondag 12 September vir David en Juliet Benner, wat ook as fasiliteerders by
Conversations gaan optree. Hulle gaan Sondag die Teatro-dienste waarneem, waneer hulle gaan gesels oor "
Silence and the Word". Besoek gerus dr. Benner se webtuiste by
www.drdavidgbenner.ca.
Nuwe preekreeks
Ons begin op Sondag 19 September met 'n nuwe preekreeks, "
Lord, help me to pray". In die reeks gaan ons vir 3 weke reis rondom dié teksgedeeltes uit Matteus en Lukas:
"...en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak." Matt. 4:24 /
"...Here, leer ons bid..." Luk. 11:1.
Conversations
Mosaïek Conversations word die jaar op 14 en 15 September angebied, en word op 17 en 18 September herhaal. Sprekers by
Conversations sluit in Trevor Hudson, Johan Geyser, Ron Martoia en 'n spesiale internasionale gas, David Benner. Wegbreeksessies gaan aangebied word deur Juliet Benner, Ron Martoia en Stephan Joubert saam met Theo Geyser.
Registrasievorms is by die i-desk beskikbaar, en op
www.mosaiek.com/conversations of kry gerus verdere inligting by Sonja Kloppers 011 268 4763.