



Verhoudings@Mosaïek bied verskeie ondersteuningsdienste en leerervarings aan om paartjies se verhoudings te laat groei en ontwikkel binne ‘n raamwerk wat geestelike, emosionele, sielkundige en sosiale aspekte ondervang, afhangend van die spesifieke leerervaring wat deurloop word.
Die oorhoofse doelwit hiervan is om onderlinge konneksie te bewerkstellig, binne ‘n spasie waarin albei partye veilig voel in die verhouding. So 'n verhoudingspasie skep die mileu vir groei en genesing by beide die maats.
Verskeie van die leerervarings is geskoei op die Imago beginsel. Imago dui op die beeld, prent of "image" wat ons het van liefde soos ons groot geword het. Ons projekteer hierdie "image" op ons intieme maats..