Lydenstyd 2011

Skrif van Lydenstyd

Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar  Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.

Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. En nadat Hy  veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie. Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.

~Matteus 3:13 tot 4:11

 

In hierdie skrifgedeelte kry ons te doen met baie van die temas waarmee ons in Lydenstyd wil reis...

  • Die plek van roeping om God te volg en te doen wat Hy vra
  • Om te kan hoor wat Hy vir ons sê, deur sy Woord te kan ontvang – en te glo ons is sy geliefde
  • 'n Doelbewuste beweging na die woestyn waar afsondering en opoffering plaasvind
  • 'n Ruimte waar ons onsself kan ontdek – ons valse en ware self ... en ook kan omgaan met die wilde diere om ons en in ons, en met versoeking kan deel
  • Waar ons te doen kan kry met die bonatuurlike (die engele) ... waar die sienlike en onsienlike naby aan mekaar kom.
  • Waar ons kan ontwaaken ons plek in God se skepping kan waarneem en erken.

Here, rig my voete op die Lydenstyd-weg

waar U wil hê ek moet gaan.

Nuus

Artikels

X
Loading