Onderwerp “leerders”

Welkom by Mosaïek Akademie!

Woensdagaande is die Mosaïek kampus vol bedrywigheid soos mense, oud en jonk, in verskillende lokale bymekaarkom om saam te gesels, te leer en te reis oor die lewe, die Here, die Woord en hoe om dit beter te verstaan. Almal vra mos vrae oor die diep dinge van die lewe en in daardie sin is elke mens mos 'n teoloog! Teologie is mos faith seeking understanding.

Mosaïek Akademie wil juis hierdie soeke na God en na sin op relevante en interessante wyse fasiliteer deur die leerervarings wat aangebied word.  Die temas wat gedek word is die Bybel, geestelike groei, verskillende bedieninge en ander prakties-teologiese temas. Vir baie het die Akademie 'n leefwyse geword - 'n gereelde waarde-toevoeging tot hulle geestelike lewe.  Mosaïek Akademie maak ook die deur oop om formeel te studeer en 'n Certificate in Christian Ministry te verwerf.

Jy is baie welkom om saam te reis!

Lees gerus op hierdie bladsye meer oor die Akademie.  Kontak ook gerus die Akademie as jy verdere vrae het, of kom gesels! Die Here seën jou.

Sonja Kloppers
Administrateur

011 268 4763 | sonjak@mosaiek.com

Of maak gebruik van die volgende:
Mosaïek skakelbord: 011 268 4700

Akademie kantoorure:
08:30 tot 16:00 Maandae, Dinsdae & Donderdae
08:30 tot 12:00 Woensdae
08:30 tot 13:00 Vrydae

Klasse:
18:00 tot 21:00 Woensdagaande

Preekreekse