Wil jy graag deel word van ‘n kleingroep in die Mosaiek community? Kleingroepe is ruimtes om Jesus te volg saam met ander. ‘n Beweging van isolasie na community. Soos ons die lewe intensioneel deel, tree ons op as spieëls vir mekaar. Ons leer onsself beter ken en hoe die mooi en skadu-kant te omarm. Kleingroepe loop saam, leer saam en het saam lief. Groepe word saam stil om ‘n Skrifgedeelte, ontwikkel hulle verbeelding om daarin te leef, en deel hulle journey met God.
Mosaiek kleingroepe kom weekliks bymekaar in huise regoor die die groter Johannesburg omgewing. Elke kleingroep verskil in samestelling, lewensfase en werkswyse. Kleingroep-lewe strek van die bestudering van die Skrif, gebed, boeke lees, ander dien, ondersteun, saam ontspan en ‘n ete deel - elkeen is uniek tot die groep. Ons help jou graag om ‘n geskikte groep te vind. Kontak gerus Jacques Bornman jacquesb@mosaiek.com of 011 268 4708
Indien jy graag by 'n bestaande kleingroep wil inskakel, klik gerus op jou toepaslike lewensfase hieronder vir meer inligting: