Baie geluk
God het julle uitgekies om ouers te wees vir julle baba. ‘n Wonder en ‘n voorreg, maar ook ‘n groot verantwoordelikheid.
Wanneer ons, ons kindjie aan die Here toewy, vra ons vir Sy leiding, seën en beskerming. Dit is ook ‘n verbintenis om as ouers te doen wat Hy van ons verwag. Ons bely dat ons in ‘n verbintenis met God en Sy Woord wil leef en ons kindjie met Sy liefde grootmaak.
Algemene inligting
Toewyding vind
gewoonlik die laaste Sondag van elke maand plaas (behalwe Desember). Registreer asseblief voor of op die 1ste van die maand waarin jy jou kindjie wil toewy. Onvolledige registrasies, (sonder foto) en registrasies wat daarna ontvang word, moet ongelukkig oorskuif na die volgende maand se toewyding.
Registrasie kan oplyn gedoen word, via hierdie vorm.
Gewoonlik op 'n Saterdag, 8 dae voor die toewydingsdatum, vind ‘n verpligte toerustingsessie plaas. Dit word in die Genesisgebou aangebied, 09:00 - 12:00. Dit is ‘n saam gesels-geleentheid, propvol inligting, asook die geleentheid om julle as ouerpaar met God af te sonder in die Klipkerk, waar nagmaal bedien en ‘n spesiale gebed gedoen word. Mosaïek sien hierdie byeenkoms as deel van die toewydingsgeleentheid.
Sodra ons die volledige registrasie ontvang het (voltooide registrasievorm en foto), sal ons u kontak met verdere reëlings.
Vir enige verdere navrae, kontak Magda Botha (
nuwegenerasie@mosaiek.com of 011 268 4704).
Maak van hierdie vorm gebruik vir jou kind se toewyding tydens ons maandelikse byeenkoms.