Teatro-byeenkomste
Tydens die Kersseisoen gaan ons dienstye onveranderd voort om 09:30 en 19:00 op Sondae tot 3 Januarie, waartydens die oggendtema in die aand herhaal sal word (behalwe 20 Desember).
(Vanaf 10 Januarie word 'n addisionele oggenddiens bygevoeg, en sal die dienstye 08:30, 10:15 en 19:00 wees)
Ons lig graag die volgende uitsonderlike byeenkomste uit:
- Kerssangdiens: Tydens die aandbyeenkoms op Sondag, 20 Desember 2009 hou ons 'n spesiale Kerssangdiens waar ons die Kersseisoen vier deur verskeie kersliedere, en 'n spesiale program om 19:00.
- Kersoggenddiens: Op Kersoggend, Vrydag 25 Desember 2009, hou ons 'n spesiale byeenkoms om 09:30.
- Oujaarsdiens: Op Oujaarsaand, Donderdag 31 Desember 2009, word daar 'n spesiale byeenkoms in die Teatro aangebied om 18:00.
Klipkerk:
Die Lectio Divina-byeenkomste om 18:00 Sondagaande in die Klipkerk gaan onveranderd voort tydens die Kersseisoen.
(Die afsonderingsgeleenthede om 12:00 op weeksdae, sal nie tussen 18 Desember 2009 n 4 Januarie 2010 plaasvind nie.)
Gemeentekantore:
Ons gemeentekantore is gesluit vanaf 18 Desember 2009 en heropen op 4 Januarie 2010. Maak gerus gebruik van die Pastorale Sorglyn (082 372 6818) in 'n noodgeval of vir enige ondersteuningsbehoeftes.