’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Lent-journey 2018: Mosaïek

Die Christelike kalender het baie verskillende seisoene, spesiale tye wat die kerk bied om ons te help om dieper te deel in wat God gedoen het in die geskiedenis van die mens.

Lent is die seisoen wat ons voorberei om Paasfees, die herdenking van die dood en opstanding van Jesus, dieper te beleef.

Jy word uitgenooi om op hierdie reis met die lyding van Jesus te identifiseer. Die reis neem jou na die hart hiervan waar Jesus aan die kruis hang. Sy kruiswoorde stel jou voor aan die werk wat daar gedoen moet word voor die dood. Dit is nooit maklik nie. Jy mag dalk na plekke geneem word waar jy self nie graag sal wil gaan nie. Maar dit sal goed wees vir jou om daar waar Hy was, te gaan. So kan jy ontdek dat die werk wat jy nou moet doen om jou voor te berei vir jou dood, dieselfde is wat jy moet doen om te kan lewe.

Jy gaan onder andere voorgestel word aan verskeie maniere van gebed asook die ou geloofspraktyke van aandagskenk, refleksie, jou geheue en verbeelding gebruik, jou gevoelens verbaliseer, en nog meer. Deur die voorstelle te volg, kan daar ‘n dinamika in jou loskom wat groei en verandering kan meebring.

Die reis begin op 14 Februarie 2017 met AsWoensdag, tot 1 April 2017.

Die lent-seisoen begin met Aswoensdag. Kerke deur die eeue en vandag regoor die wereld kry op die dag die tekens van die kruis met as op ons kop. Ons kom daarmee in kontak dat ons waardevolle stof is – dat die lewe ’n kwesbare, en groot geskenk is

Op 14 Februarie is daar 5 geleenthede om die Lent-seisoen so in te gaan met Praxis byeenkomste in die klipkerk – met geleenthedein die oggend, middag en aand.

Om ons te help om vir jou (en jou gesin) voor te berei, registreer gerus vir een van ons byeenkomste hier:

https://mosaiek.churchcenter.com/registrations/events/105982

Die gids vir die Lent-reis kan aangekoop word  in die foyer van die Teatro op Sondae, en gedurende die week by Mosaïek Ontvangs.

Let wel dat die boek deur Trevor Hudson geskryf is, en volgens die uitgewers se toestemming kan net die Afrikaanse weergawe afgelaai word, maar met die vereiste dat die Engelse weergawe van hul af gekoop word. Sien die skakels onderaan…

Lewensgroepe tydens L E N T

Tydens Lent nooi ons jou uit om in te skakel by ‘n lewensgroep, en jou Lent-reis te kom deel met ander.
8 Maart – 12 April 2017
Woensdae @ 19:00
Registreer by die i-desk of kontak Magda Botha by 011 268 4704 magdab@mosaiek.com

 

Inleiding: Waarom Lent? | Introduction: Why Lent?

Laai die volledige Lent-gids in PDF-formaat hier af: Afrikaans

Die elektroniese engelse weergawe van die lent-reis is slegs beskikbaar direk by die uitgewers: English

 

Ons reis hierdie jaar as ‘n geloofsgemeenskap van gesinne in die Lent-tydperk deur middel van riglyne vir elke dag. Indien jy riglyne wil aflaai om volgens jou gesin of familie die tydperk te reis, is jy welkom om dit hier af te laai.