’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Om saam met ander te bid

Iets gebeur in ons wanneer ons saam met ander bid.
Ons word innerlik versterk as ons mekaar se toewyding en liefde vir God beleef.
Ons word aangemoedig – sien Hebreërs 11:25 “laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim nie”.
Die gewoonte om saam met ander te bid, versterk ons eie regula.

Die Skool van Gebed bied twee maniere waarop jy saam met ander kan bid:

  • Praxis, Sondae om 17.30 en Maandag tot Donderdag om 12:00, in die klipkerk, Mosaïek
    Tydens die geleentheid beoefen ons saam gebed deur Skrifmeditasie, gebedsange en stilte.
  • Luistergroepe kom gereeld, gewoonlik weekliks, bymekaar om saam skrifgebed te beoefen.
    Die fokus van so ’n sirkel is om te deel in belewenis, en nie lering nie. Luistergroepe kom óf by Mosaïek óf by iemand se huis bymekaar.

Vir meer inligting of om by ’n Luistergroepe in te skakel, kontak gerus vir Jacques Bornman | 011 268 4708 / 011 215 7200