’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Retreats

By Origins wil ons die eeue-oue praktyk van afsondering meer deel maak van ons lewensritme. Dit is belangrik om onsself af te sonder, stil te word en op God te wag. Die Bybel vertel ons immers dat dit juis dan is wanneer ons krag sal ontvang om met passie en deernis ’n inspirerende lewe te leef wat ’n verskil maak.

Ons beoog Mosaïek-retreats wat vir almal toeganklik is en strek van inleidende en middelslag-retreats tot gevorderde retreats. Die duur daarvan is een dag, twee dae/naweek, midweek en langer. Fasilitering word deur onder andere Johan Geyser en Trevor Hudson behartig.

Stuur navrae na retreats@mosaiek.com.

Vir meer inligting, besoek Origins se webwerf.