Future Forward

Future Forward

'n Splinternuwe Mosaïek-bediening wat hoop gee vir ouerlose skoolverlaters!

FUTURE FORWARD is híér!

Sedert 2000 het 'n groep begeesterde mense van Randburg hulle onvermoeid daarvoor beywer om jongmense wat skool verlaat uit 'n geïnstitusionaliseerde omgewing, d.w.s. uit 'n kinderhuis of soortgelyke plek van versorging, by te staan en te help met hulle aanpassing in 'n uiters gebruikers-onvriendelik samelewing. Die tragiese werklikheid wat hierdie jonmense in die gesig staar is dat so veel as 80% van hulle, as hulle nie gehelp word nie, terugval in die omstandighede waaruit in die eerste plek "gered" is.

By FUTURE FORWARD is ons daarop gefokus om hierdie kinders in die kortste moontlike tyd onafhankliik en selfstandig te laat word – hoe gouer hoe beter vir elke een wat deel is van die proses, maar veral vir die jongmense!

X
Loading