’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Formatio-kursusse

  • Nuwe Ouerskap

Met Adrinet de Bot

21 Februarie 2018

Kostes beloop teen R100 per paartjie

18:00 – 20:30

Ons nooi nuwe ouers, of julle pas gehoor het julle verwag en of julle al met ‘n nuwe mensie by die huis aangekom het, om die nuwe ouerskap leerervaring te kom bywoon. Hier word jy bemagtig, gerus gestel en ondersteun in ‘n wonderlike, tog uitdagende tyd van jou lewe. Onderwerpe wat gedek word sluit die volgende in:
Mylpale in die eerste jaar
Hoe stimuleer ek my baba?
Hoe hanteer ek ‘n  “moeilike” baba?
Die eerste paar dae by die huis
Hoe ouerskap jou huwelik beïnvloed

 

  • Ouers met voorskoolse kinders

Met Adrinet de Bot

Begin 28 Feb tot 14 Mrt

Kursus beloop teen R200

Begin elke Woensdag om 18:45

 

  • Eerste Tree Dieper

Met Johan Geyser

‘n Uitnodiging om dieper te beweeg in jou geloof in God.

Die ontwikkeling van ‘n regula – ‘n Regula is ‘n ritme van daaglikste stiltetyd, weeklikse sabbat en jaarlikse retreat.

 

  • Nuwelidmaatgesprek

Met Johan Geyser

Die nuwelidmaatgesprek is ’n gesprek rondom kerkwees, die unieke roeping van die gemeente en ons spiritualiteit, ’n verkenning van waar jy op jóú journey is en hoe Mosaïek jou kan bystaan. Ons nooi jou uit om meer uit te vind oor Mosaïek en wie ons is, deur die volgende Nuwelidmaatgesprek by te woon die 10de Maart 2018.

 

Registreer deur op hierdie skakel te klik: https://mosaiek.churchcenter.com/registrations/events

Vir meer inlligting, kontak Eugenie van der Walt, 011 215 7202 | academi@mosaiek.com.