Peace Project
Missional Expressions se Peace Project vir 2011 begin Sondag 20 November, en gaan dieselfde formaat aanneem as die vorige twee jare. Ons gaan koeverte beskikbaar hê waar mense kan aandui of hulle op Kersdag wil help pakkies uitdeel en/of ‘n finansiële bydrae wil maak.
Ons wil hierdie jaar ons fokus plaas op Hospice, seniorsorg, hospitale, sekuriteitswagte by ons komplekse asook Fairland Polisiestasie.
Omdat Kersdag op ‘n Sondag val, kan mense direk na die dienste ‘n pakkie of pakkies gaan afgee voor hulle huistoe gaan. ‘n Klein geskenkie (soos ‘n sjokolade, boksie sjokolade of nog koekies) kan ook uitgegee word aan mense soos petroljoggies, sekuriteitswagte ens.
Vir meer inligting, kontak vir Nerina Reinach / 011 268 4702.