Mighty Dads & Lads konferensie vind hierdie jaar op 3 en 4 September 2011 plaas op Alma Mater Akademie, Krugersdorp, se skoolgronde.
Dit is sommer ‘n lekker kuier-en toerustingsgeleentheid vir pa’s en seuns. Almal slaan tent (of karavaan) op die hokkieveld op, ons het die Saterdag twee afsonderlike “speeltye” opsy gesit waartydens ons aktiwiteite beplan sodat pa’s en seuns tyd saam kan spandeer. Sondag is die ma's en sussies baie welkom en dan hou ons sommer as gesinne saam kerk.
Indien jy enige verdere inligting benodig, is jy welkom om vir Reinhart na-ure te bel op 083 409 8077 of vir Pieter van der Walt 'n e-pos te stuur na bathrooms@tiscali.co.za