Formatio bied sy eerste retreat aan van 10-12 Junie 2011 saam met Willem Nicol by Origins met die Tema: Vrygemaak: Die spiritualiteit van Paulus.
Hierdie is 'n geleentheid waar jy ...
... weer jouself kan vind,
... verder kan reis op jou eie journey,
... net weer kan stil word,
... by God kan uitkom.
By die retreat kan jy tot rus kom, om jou kop skoon te kry, om nader aan jouself te kom, en oper te wees vir die Here. Kom ontdek en ervaar die wonder van stilword, en leer hoe die stilte ons dan ook help om bevryding te ervaar uit Paulus se totale heroriëntering oor die lewe. Kom leer saam met Willem Nicol rondom Skrifmeditasie en Gebed van die hart (Centering prayer).
‘n Woord van Willem Nicol:
“Die doel van ’n retreat soos hierdie is eintlik die lewe. Ons hoop ons ervaar hier iets meer van hoe die lewe werklik is, met die oog op ons daaglikse lewe. Al is ons dikwels blind daarvoor, is die lewe mos in werklikheid ’n lewe-met-die-Here. Dis waaroor dit mos eintlik gaan: Ons stil wete dat Hy hier is, aktief hier is, en dat ons dit sal ervaar soos Hy gee, dalk baie anders as wat ons verwag. Hy het ons so lief dat Hy ons hoe langer hoe meer met sy Gees wil deurdring. Is jy bereid?”
Kom ontdek saam met ons die transformerende krag van stilte en reis verder op jou eie journey.
Vriendelike Groete
Die Formatio span
Kostes beloop R1000 per persoon (uitsluitend vervoer)
RSVP teen 6 Junie 2011 by Barettan@mosaiek.com of 0112157202
Dr Willem Nicol is ’n vryskut prediker, en erkende outoriteit op Christelike Mistisisme. Saam met sy doktersgrade in Nuwe Testament en Sistematiese Teologie, is hy ook ’n gewilde skrywer oor onderwerpe soos die gelowige se geloofsreis, soos verlig deur die wêreld van kontemplatiewe spiritualiteit. Sy lewensdoel is om volgers van Jesus te inspireer, te begelei en voor te stel aan ’n arena van biddende stilte en die wêreld wat dit behels. Hy bied kursusse aan oor spiritualiteit, geestelike be-geleiding en fasiliteer talle retreats.