Lente is hier en die Momentum 94.7 Cycle Challenge is minder as 3 maande weg!
Ter voorbereiding gaan ons Fietsry-groep weer Saterdae-oggende begin oefen. Die 1ste oefensessie (tussen 15 en 30km) vind plaas op Saterdag 10 September vanaf Stone Cradle in Muldersdrift. Ontmoetingstyd is 6:00 vir 6:30.
Dit is van groot belang dat jy asb vir Johann Knoetze laat weet indien jy wil gaan saamry, sodat hy weet vir wie om te wag by die vertrekpunt. Daar sal ‘n groot Mosaïek banner wees.
johann.knoetze@gmail.com of 071 572 8300
Met Beyers Naude Drive/M5 (D.F. Malan)
-
Neem M5 Beyers Naude (Weg van Cresta / Northcliff in die rigting van Honeydew)
-
Hou reguit aan vir ongveer 12km. Gaan verby Garden World op regterkant.
-
Draai links by die R144 in die rigting Muldersdrift
-
Ongeveer 2.4km verder sal jy by 'n 4-rigting stop aankom. Draai regs (Driefontein) en gaan onderdeur die snelweg.
-
By die T-aansluiting, draai regs in die rigting van Driefontein.
-
Stone Cradle is onmiddellik op regterkant.
Vanaf Krugersdorp
-
Neem die N14/R28 na Pretoria
-
Gaan reguit oor die Pinehaven-kruising sowel as Hendrik Potgieter.
-
Neem die eerste afrit – Muldersdrift / Driefontein
-
Stone Cradle is onmiddellik op regterkant