Art’Sync is ‘n half-uur byeenkoms op die eerste Dinsdag van elke maand waar ons saam in ons journey as kunstenaars op reis is met God, mekaar en die wêreld. Die Inspirerende Kunste by Mosaïek het hierdie nuwe konneksie-geleentheid begin vir al ons verskeie kunste-spanne om op ‘n meer gereelde basis saam te kuier, connect, celebrate, groei, devotion, visioneer en kreatief te verkeer.
Jy word genooi om die November Art’Sync-geleentheid by te woon op 1 November 2011, waar ons saam as kunstenaars en kuns-liefhebbers binne Mosaïek gaan connect en kuier . Al ons kunstenaars word uitgenooi en die verskeie spanne wat by oefeninge betrokke is daardie Dinsdag, sal daarna na hulle onderskeie lokale beweeg.
Waneer: Dinsdag 1 November 2011
Waar: Viaticus 102
Tyd: 18h30 vir 19h00 (tot 19h30)
RSVP asb by dianig@mosaiek.comof 011 268 4748