DubbelVisie - 'n kwessie van twee enerse dienste.

Mosaiek is geseënd.

Na 5 jaar in ons nuwe tuiste herinner die reis tot dusver aan die gedeelte wat Lukas in Handelinge geskryf het: "die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is."

Ons staan verwonderd oor wat die Here ons mee vertrou, maar besef dit behels ook 'n verantwoordelikheid. Hoe kan ons reg daarmee omgaan, te midde van uitdagings soos verkeer, parkering, kapasiteit en dies meer ...

Ons het die kans om 'n geloofstap te neem. Ons hoop dit het implikasies op mense wat soekend na God is (OPwaarts), mense wat 'n verskil wil maak met hul talente (UITwaarts), en dat dit mense sal inspireer om ander in hulle wêrelde in te nooi (METwaarts).

Vanaf 10 Januarie 2010 spring ons weg met 2 oggenddienste, om 08:30 en 10:15. 

Drie bewegings (OPwaarts, METwaarts, UITwaarts)
...Twee dienste (08:30 & 10:15)
.........Een Belewenis - Mosaïek AM!

Die dienste sal presies dieselfde wees. Mez'o en Planet J dulpliseer ook hulle byeenkomste om vir tieners en kinders 'n great ervaring te skep. Café Familia, met sy nuwe opgegradeerde kombuisgeriewe, sal ook regstaan met ontbyt en middagete opsies, wat hulle huidige Sondagverskeidenheid sal uitbrei.

Hierdie het 'n impak op almal:

  • vir jou die medewerker - Jou rol in Kerkwees is integraal. Deur die addisionele byeenkoms, skep dit 'n hele aantal geleenthede vir nuwe medewerkers om in te skakel by die gemeentelewe en om gaste, lidmate en besoekers te dien. Vir spanlede wat reeds ingeskakel is, behels dit dalk 'n seisoen van 'n addisionele myl stap; maar dit bied geleentheid vir interaksie in kleiner groepe, die skep van 'n warm ervaring wat die Kerkbelewenis meer toeganglik kan maak. Dit skep ook tonne geleentheid om te eksperimenteer met die kans om iets vir die Here te doen.
  • vir jou die gemeente. Die opsies van byeenkomste wat jy kan bywoon vergroot. Die oggenddienste bly steeds gerig op die profiel waarop dit tans gemik is, waar ruimtes vir familie en vriende geskep kan word. Jy kan dus die diens om 08:30 bywoon, en die res van jou dag gebruik vir ander aktiwiteite of dienswerkgeleenthede. Of as jy laat wil inlê, woon die 10:15 diens by. (Die aandbyeenkoms, herhaal gewoonlik die oggendtema en die byeenkoms word spesiaal verweef om die Nuwe Generasie meer tuis te laat voel.)
  • vir jou die besoeker. Jy is altyd welkom! As jy op 'n plek is waar jy nog net wil ondersoek instel of die saak uitkyk, hoop ons dat hierdie aanpassings, Mosaïek op 'n logistiese vlak meer toeganglik vir jou kan maak.

Ons sien uit na 'n opwindende seisoen wat voorlê.

Die Mosaïek wat ons ken, deins nie terug vir potensiaal nie; pak 'n uitdaging aan om mense bloot te stel aan 'n boodskap en lewe wat kunstig die Here se manier van dinge doen weerspieël.

Dankie vir 'n ongelooflike reis tot dusver ...

Drie bewegings, Twee dienste, Een belewenis - Mosaïek AM!

  Voorstelle of navrae kan aan Ettienne Booysen gerig word. As jy vir dienswerk wil aanmeld, kontak Jacques Bornman.

Preekreekse

Nuus