Dienswerk

Dienswerk! – dis ‘n woord wat gereeld by Mosaïek gehoor word. 

  • Hoekom is dit belangrik om jóú unieke gawes, talente, persoonlikheid, passies, agtergrond, opleiding, ervaring en potensiaal in te ploeg in iets groters as wat jy is?
  • Hoekom word jy jaarliks uitgenooi om ondersoek in te stel en vir een jaar jouself aan iets besonders in ons gemeente en gemeenskap te kom verbind?
  • Hoekom word hierdie as ‘n uitnemende geleentheid beskou waar jy jouself beter kan leer ken, saam met ander kan journey en groter duidelikheid oor jóú unieke skeppingsdoel kan kry?

Want dit is!
Ons as gemeente wil ‘n verskil maak.

Ons wil iets agterlos wat groter is as ons eie bestaan.
En elkeen van ons kan daartoe ‘n unieke bydrae maak.

Dienswerk is nie maklik nie.
Dienswerk kos ‘n prys.
Dienswerk verg opoffering, inspanning en verbintenis.
Dienswerk is onselfsugtig.
Dienswerk gaan oor meer as ons eie behoeftes en ons eie vervulling – alhoewel dit wonderbaarlik deel van die avontuur is.
Dienswerk gaan oor mense – om ander te dien en te inspireer en te versorg op maniere wat net jy alleen kan.
Dienswerk is ‘n uitdaging wat jou nader aan God, ander en jou wêreld bring...

Gaan jy die uitdaging aanvaar?
Daar is geen ander manier om jou wêreld te verander nie.

 

“We are not doing this to save others. We are doing this to save ourselves.” – Rob Bell

 

Dienswerk: hoe kan ek van myself gee?

Watter bydrae kan ek lewer om die Koninkryk te bou?

Hoe kan ek binne Mosaïek  van myself gee?

 

Jesus het in Joh 13:12-17 die volgende gesê: 

  • Nadat Jesus hulle voete klaar gewas het, het Hy sy boklere aangetrek en weer aangelê by die ete. Hy sê toe vir hulle: “Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?
  • Julle noem My Leermeester en Here, en tereg so, want Ek is dit.
  • As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was.
  • Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
  • Hoe waar is dit tog nie: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie en ’n gestuurde ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie.
  • As julle hierdie dinge insien en julle eie maak, sal julle gelukkig wees as julle dit ook doen.”

 

Indien jy op hierdie besonderse plek in jou lewe is waar jy graag jouself wil gee, dan wil ons jou uitnooi om:

A          na te dink oor waarheen jy getrek word (armes, kinders, ens.) Indien jy onseker is – kyk gerus na die kaart waarop bedienings binne Mosaïek uitgebeeld word.

B          Om ‘n “myjourney@mosaïek gesprek te hê waartydens ons saam met jou kan onderskei wat jou volgende stap op jou reis is. Tydens hierdie gesprek kan jy ook in verbinding geplaas word met persone en groepe wat jou volgende stap makliker en sinvol kan maak.

C         Skakel bediening direk...

 

 

Kontak Hennie Maartens op henniejm@mosaiek.com vir meer inligting oor hoe jy die volgende tree kan neem in die ontdekking van waar jy 'n verskil kan maak.

 

 

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus