Daar word ook spesiale aandag gegee aan spesiale gebeure tydens ons byeenkomste soos Nagmaal (wat vier keer per jaar en op Goeie Vrydag en Oujaar bedien word, alhoewel dit deurlopend in die Klipkerk beskikbaar is), Doop ('n momentele gebeurtenis wat twee keer per jaar op 'n Sondag tydens ons byeenkomste plaasvind in die fontein in die middel van die Piazza) en ook Kindertoewyding (wat gewoonlik die laaste Sondag van elke maand, buiten Desember, plaasvind).
Ons gedenk die Hemelvaart en die aanvang van Pinkster.
Sondag, 5 Februarie 2012, is Visie-Sondag by Mosaïek. Op hierdie Sondag is daar groot opwinding soos ons saam droom oor die jaar wat voorlê en commit om ons gewig daaragter in te gooi. 'n Paar verassings op die Piazza en dies meer word ook beplan.
Pinkster-byeenkoms met Johan Geyser in die Teatro.
Hemelvaart-byeenkoms saam met Manie Botha in die Teatro
'n Spesiale diens om 2010 mee af te sluit en om vir 2011 voor te berei - met Johan Geyser. (Nagmaal sal by die byeenkoms bedien word)