Onderwerp “Dienste en Preke”

Dienste en Byeenkomste

Een van die groot vertoonvensters tot die lewe van die geloofsgemeenskap van Mosaïek is sy byeenkomste. 'n Verskeidenheid byeenkomste word aangebied om jou te begelei vanuit die plek waar jy jouself op jou persoonlike geestelike reis bevind.

  • Sondagbyeenkomste word om 08:30, 10:15 en 18:30 in die Teatro aangebied, maar daar word gepoog om 'n unieke belewenis by elkeen te skep, al word die tema's herhaal:
    • Die oggendbyeenkomste (08:30 & 10:15) word veral gerig op 'n gehoor wat bestaan uit gesinne en families. Om hierdie rede vind daar spesiale byeenkomste vir kinders aangebied (Planet J) in die Genesis- en Viaticus-geboue; en tieners (Mez'o) in die Mezzanine van die Communio. Buiten twee ingerigte lokale (Babakamer en Kleuterkamer) wat deel van die Teatro vorm waar ouers met baba's of peuters die dienste kan geniet, met doekruilgeriewe en maklike toegang na kleedkamers, is daar ook 'n Lounge onder in die Viaticus-gebou waar ouers in 'n smaakvolle sitkameratmosfeer die diens kan beleef met 'n cappucino in die hand, terwyl hulle jong kinders op 'n ingeboude speelraam kan speel. Die gerieflikheid van hierdie dienstyd maak dit ook toeganklik vir 'n ouer gehoor, en genoegsame rolstoel-toeganglike geriewe is amper regdeur die perseël aangebring om dit ook 'n aangename belewenis vir persone met sulke uitdagings te maak.
    • Die aandbyeenkoms (18:30) word gerig op 'n baie jonger gehoor wat hulleself meesal tussen die ouderdom van 19 en 35 bevind. Die byeenkoms word saamgestel met die Nuwe Generasie ingedagte wat die musiek en aanbieding veral beïnvloed. Die Lounge onder in Viaticus is ook beskikbaar vir persone wat die diens in so 'n omgewing wil beleef.
    • Daar vind 'n Lectio Divina-byeenkoms (17:30) in die Klipkerk plaas, waar daar verder met die dag se tema wat in die Teatro aangeraak is gereis word, deur antieke kerkgebruike, rituele en simbole gebruik te maak. Stilte, geestelike lees en verbeelding vorm deel van hierdie byeenkoms, en nagmaal word meesal bedien.
  • Deur die week vind daar elke Maandag tot Donderdag 'n half uur-byeenkoms in die Klipkerk plaas wat ook geskoei word op die Lectio-Divina byeenkoms van 'n Sondag-middag.
  • Ons volg met sekere tye die Kerkkalender met betrekking tot gebeure soos Lydenstyd, Paasfees, Pinkster, Advent en Kersfees en meer inligting oor die byeenkomste is elders op die webwerf beskikbaar.
  • Daar word ook spesiale aandag gegee aan spesiale gebeure tydens ons byeenkomste soos Nagmaal (wat vier keer per jaar en op Goeie Vrydag en Oujaar bedien word, alhoewel dit deurlopend in die Klipkerk beskikbaar is), Doop ('n momentele gebeurtenis wat twee keer per jaar op 'n Sondag tydens ons byeenkomste plaasvind in die fontein in die middel van die Piazza) en ook Kindertoewyding (wat gewoonlik die laaste Sondag van elke maand, buiten Desember, plaasvind.
  • Ons maak ook ruimte in ons jaarprogram om sekere tye aan voorbidding, fees en herinnering te allokeer, en enige ander behoeftes wat op ons hart druk.

Hemelvaart


17/05/2012

Ons gedenk die Hemelvaart en die aanvang van Pinkster.

Visie-Sondag


05/02/2012 08:30
05/02/2012 19:30

Sondag, 5 Februarie 2012, is Visie-Sondag by Mosaïek. Op hierdie Sondag is daar groot opwinding soos ons saam droom oor die jaar wat voorlê en commit om ons gewig daaragter in te gooi. 'n Paar verassings op die Piazza en dies meer word ook beplan.

Lament in 'n paar woorde deur Henri Nouwen


 

She


 

"One of the central metaphors of God and his people throughout the Bible is that of a groom and his bride. God is the groom; his people are the bride. I like this because it makes the church a “she”.

The Welcoming Prayer


The Welcoming Prayer

Definisie

Die Welcoming Prayer is ’n metode om in te stem tot God se teenwoordigheid en werking in ons fisieke en emosionele reaksies tot gebeure en situasies in ons daaglikse lewe.

Nuwe Lidmaat Voorstelling


13/02/2011 08:30
13/02/2011 20:00

Ons verwelkom vandag persone wat 'n verbintenis teenoor die gemeente gemaak het en ons onlange Orienteringskursus bygewoon het.

Vadersdag


19/06/2011 08:30
19/06/2011 20:00

Moedersdag


08/05/2011 08:30
08/05/2011 20:00

Vision-Sondag 2011


06/02/2011 08:30
06/02/2011 20:00

Preekreekse