’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

GROEPSLEWE

Van die geboorte van die kerk af sien ons hoe gelowiges hulle lewens diep met mekaar gedeel het. Dit is iets van hoe God ons gemaak het met ‘n diep behoefte om ons storie, ons geloof en ons twyfel met mekaar te deel.

“…so we cared for you. Because we loved you so much, we were delighted to share with you not only the gospel of God but our lives as well.” 1 Thess 2:8 (NIV)

Vir meer inligting oor ons geloofsgemeenskap-inisiatiewe, kontak Magda Botha of 011 268 4704.

 

le
Lewensgroepe
Ons vorm LewenSirkels rondom jou woonarea en lewensfase. Hierdie is vir elkeen wat ’n begeerte het om met ander te connect in comm-UNITY.
lu
Luistergroepe
Ons beoefen Skrifgebed saam. Ons reflekteer saam oor die Skrifgedeelte van die week en deel dan ons gewaarwordinge met mekaar.
tc
Gesinsgroepe
Een maaltyd per week steek ons ’n kers aan en nooi die Here in ons gesprekke in en deel ons lewens op ’n dieper vlak met mekaar.
bl
Belangegroepe
Ons ontmoet rondom ons belangstellings of stokperdjies. Hier nooi ons ook die Here in ons ruimtes in en deel ons lewens met mekaar.
os
Ondersteuningsgroepe
Tydelike groepe wat ondersteuning en bystand bied rondom jou spesifieke behoeftes.
is
iServe
Groepe word rondom diengeleenthede in ons verskeie bedieninge gevorm. Beleef community en vind dieper betekenis deur saam te dien.