



Formatio wil jou begelei om deel te raak van Die Journey en om verder hierop te groei. Die Journey behels ’n lewenslange proses van formasie om te groei in die persoon wie jy geskep is om te wees: die beeld van God.
As deel van Die Journey is daar twee geleenthede waarby jy kan inskakel:
'OP REIS met die journey' is 'n interaktiewe leerervaring waar ons jou die geleenteid bied om op 'n ses-week reis van groei te gaan in die drie bewegings: OP/INwaarts, METwaarts en UITwaarts. Hier is vir jou 'n geleentheid om saam met ander verder op die reis te groei in jou verhouding met God, ander en die wêreld. Verken, ontdek en vleg vir jouself 'n ritme vir jou lewe en spiritualiteit.
Met Trevor Hudson, Jacques Bornman, Roelof Nel en Jeanetta Basson.
Registreer gerus hier.
Mosaïek Akademie
Die Mosaïek Akademie word in Januarie 2012 geloods, waardeur 6 programme aangebied word wat deur SATS aanvaar word met die oog op voltooiing van 'n B.Th-graad in Teologie. Hier sal jy toegerus word om jou roeping te kan ontdek, deur verheldering beter te kan dien in jou huidige omstandighede en voorberei word vir 'n ander rol in die toekoms.
Kursusonderwerpe sluit in Jeugwerk, Musiek en Spiritualiteit, Leierskap, Spiritualiteit, Pastorale Sorg en Geestelike Begeleiding.
Die leerervarings duur vanaf 1 Maart tot 30 Oktober 2012.
Indien jy ingelig wil bly oor die Akademie, vul gerus die webvorm in. Vir enige verdere navrae, kontak gerus vir Baretta Nel / 011 215 7202.
Wil jy ‘n verskil maak, maar voel onseker, en weet nie hoe nie? Wil jy ’n sinvolle bydrae lewer? Watter rol speel jou gawes (wat?), passies (waar?) en jou persoonlikheid (hoe?) in hierdie besluit? By UITwaarts, begelei Jeanetta Basson, Johan Beukes en Jacques Bornman ‘n gesprek rondom hierdie beweging, waar jy ’n stap in die rigting kan neem om jou plek te ontdek.
Leerervarings:
Om jou verder te begelei op die beweging bied ons die volgende interaktiewe leerervaringe.
Vir meer inligting of registrasie kontak vir Baretta Nel by 011 215 7202 of barettan@mosaiek.com.
Die Bybel praat baie daaroor dat ons lewe ander volgers van Jesus moet insluit – dis Community. Maar waar? En hoe? En hoe lyk hierdie connection?
Leerervarings:
In die eerste kwartaal is daar vier interaktiewe leerervarings wat by Formatio aangebied word:
In die eerste helfte van hierdie leerervaring fokus ons op die individu se unieke geld-persoonlikheid sowel as die ekonomiese- en Bybelse beginsels rondom geld. Kursusgangers ontvang ook opleiding in die saamstel van 'n huishoudelike begroting met behulp van 'n praktiese model. In die tweede helfte van die kursus word gesprekke gehou rondom die basiese beginsels en riglyne wanneer dit kom by besluite oor beleggings, mediese- en korttermynversekering. Laastens raak ons ook die belangrike onderwerpe van testamente en boedelbeplanning aan.
Vir meer inligting oor die leerervarings, kontak gerus vir Baretta Nel / 011 215 7202. Jy kan ook hier registreer vir al die bogenoemde leerervarings.
Formatio streef daarna om ’n Learning Community te skep op Woensdae-aande op die Mosaïek-kampus. Hier sal deur middel van interaktiewe leergeleenthede ruimtes geskep word waar voortdurende groei in elke medereisiger se totale menswees kan plaasvind. Die doel is dat elke Mosaïeker kan groei na die persoon wie hy of sy geskep is om te wees: iemand wat leef met 'n diep bewustheid van God, iemand wat leef in community deel, om sodoende die wêreld ’n beter plek te maak.
Formatio fasiliteer groei deur met ander bedieninge hande te vat, wat dan sodoende waarde toevoeg tot jou elke dag se lewe op pad na ’n holisties-geïntegreerde spiritualiteit. Interaktiewe leerervaringe word aangebied in lyn met Mosaïek se visie om ’n biddende, missionele, gemeenskap te wees.
Ons poog om jou toe te rus met kennis (die wat), insig (hoekom dit belangrik is) en vaardighede (die hoe) van die journey.
Hou gerus die InKontak dop vir opkomende kursusse of kontak vir Baretta Nel by 011 268 4763 of barettan@mosaiek.com.
Meer inligting oor hierdie retreat.