



“30Somethings” is ‘n Community van lewenslustige mense in hulle laat 20's tot vroeë 40's wat saam die kuns van lewe ontdek...
Ons raak al die fassette van die lewe aan, van uitreikaksies en sosiale kuiers tot adrenalien aktiwiteite…
30 Somethings hou hulle jaarafsluitingsfunksie by Stonehaven op die Vaalrivier. Die funksie sluit 'n 3-gang maaltyd en 'n "cruise" op die Vaalrivier in.
Datum: Saterdag 19 November 2011
Tyd: 17:30 vir 18:00 tot ongeveer 21:00. Saamrygeleentheid vertrek vanaf Mosaïek stiptelik om 16:30.
Koste: R365 per persoon
RSVP teen Vrydag 28 Oktober 2011
Om te registreer of vir enige navrae, kontak gerus vir Carina Claassen by 30somethings@mosaiek.com
Bring julle piekniek mandjies en kom geniet Afrikaans saam met ons en Theuns Jordaan.
Waar: Walter Sisulu (Witwatersrand) Botaniese Tuine in Poortview
086 100 1278
Ontmoet ons by die ingang net na die kaartjies kantoor – kyk vir die 30Something bord
Wanneer: 7 Augustus 2011
in Viaticus 101
30 Somethings wil graag nuwe leiers betrek by hierdie opwindende en groeiende belangegroep. Indien jy betrokke wil raak, wil ons jou graag nooi na 30 Somethings se Leierskapsgesprekke.
Vir enige navrae kontak gerus vir Hennie Maartens by henniejm@mosaiek.com of 011 268 4742.
30Somethings: Kuieraand, Bring en Braai! Vrydag, 20 Mei 2011, 18:30. RSVP 16 Mei vir meer besonderhede 30Somethings@mosaiek.com
30Somethings: Mosaiek Aanddiens, 15 Mei 2011. 18:30 Ontmoet op Piazza vir 19:00 diens
Kom deel in ‘n spesiale dag van omgee saam met die inwoners van Forest Farm (meer inligitng tov Forest Farm aangeheg). Daar is ‘n baie spesiale verrassing in die vorm van die allerbeste vermaak deur 'n wonderlike kunstenaar vir die inwoners gereël. Kom help gerus om eetgoed uit te deel en om die inwoners spesiaal te laat voel.
Ons het so baie om voor dankbaar te wees en deur tyd saam met hulle te spandeer, betoon ons Jesus se onvoorwaardelike liefde aan hulle.
Datum: Saterdag, 15 Mei 2010