



Communitas is ’n samekoms van mense wat bymekaar kom om saam iets te gaan doen, bv belangegroepe, projekgroepe.
Hoewel elke groep ’n spesifieke fokus het wat hulle bymekaar hou is dit nodig dat alle groepe aan die 3 bewegings (na God, na mekaar en na die wêreld) blootgestel word.
Julle word uitgenooi en uitgedaag om deel te neem aan die volgende blootstellings geleenthede:
Belangegroepe is groepe van medium-grootte wat gereeld bymekaar kom om hulle stokperdjie, sport of liefde vir 'n belangstelling te deel. Die groepe het elemente van spiritualiteit, community en dienswerk of ministry rondom 'n belang. Groepe leer om op 'n persoonlike vlak hulle lewens met mekaar te deel, waardeur ondersteuning en groei ervaar word.
Verken gerus ons belangegroepe vir ''n community wat tot jou spreek!
Communitas-groepe fokus op hoe hulle saam ‘n verskil kan maak in pyn en leiding van ons wêreld deur ‘n projek. ‘n Nuwe bediening kan hierdeur gevorm word, of 'n groep kan slegs solank bestaan soos wat dit neem om die projek te voltooi.
Indien jy 'n leier van 'n belangegroep is, gebruik hierdie vorm om 'n lokaalbespreking te versoek.
Forum vir bedryfsleiers, sakeleiers en entrepreneurs
Tema: Christen-etiek in die werksplek
Spreker: Jacques van Zyl
Venue: Genesis Hoofstuk 2
Cobus Oosthuizen 083 413 8873
ONTBYT : Die Enkellopende en Kersfees
Loop jy in ‘n mall, is dit duidelik aan die versierings en musiek dat die kersseisoen op ons is. Vir party van ons is die realiteit van Kersfees dat ons die feestyd, fisies of emosioneel, alleen gaan deurbring en gevolglik glad nie uitsien na die tyd van die jaar nie.