Inspirerende Kunste

Ander Kunste - Inleiding

Leonard Sweet het op 'n keer genoem dat in die Middeleeue, die Kunste gered en gespaar gebly het deur die Kerk en die rol wat die Kerk vertolk het. Hy het gespekuleer dat hy dink in die toekoms die Kunste 'n rol gaan vertolk om die Kerk te red of te spaar. 

Kuns inspireer ons almal. Jy kan selde ongeroer bly as jy aan Kuns blootgestel word. En daarom is Kuns vir ons ook belangrik. Ons wil deurlopend geleenthede daar stel om ander kunsvorms te ondersoek waarmee ons mekaar en die Here kan dien. Want - Kuns maak iets in jou los. En deur die eeue heen was Spiritualiteit en Kerkwees nog altyd baie nouliks aan mekaar gekoppel.

Woorde, beelde, beweging ... alles kan ingespan word om die Here te vereer, en ander te inspireer.

Art & Spirituality with Juliet Benner ('n eksklusiewe geleentheid vir Mosaiek Inspirerende Span-lede)

15 Sep 2010 - 18:30
15 Sep 2010 - 20:00
Etc/GMT+2

'n Spesiale geleentheid eksklusief vir die Inspirerende Kunste-spanne van Mosaïek.

Juliet Benner, een van die sprekers by Mosaïek Conversations 2010, bied 'n spesiale interaktiewe sessie met die kunstespanne van die gemeente (Tegnies, Visueel, Produksie, Musiek, Sang, Blyspel, Dans ens) aan. Sy beskryf die sessie as volg:

Inspirerende Kunste Celebration - 17 Junie 2010

Hallo mede-Kunstespanlid! Kom kuier saam op Donderdag 17 Junie vanaf 18:00 in Viaticus!

Ons wil saam terugkyk oor die laaste ses maande: die twee oggenddienste celebrate, nuwe spanlede verwelkom, ons opwindende aandspanne ... sommer almal: van musiek, sang, tegnies, belewenis-ontwerp, kunste, skriflesers ... Almal wat ons dienste help vorm het! Julle is onmisbaar!

(Saam met die kuier die aand kan jy ook sommer die musical-teams ontmoet wat voor hulle oefening 'n rukkie saam met ons gaan geniet!)

Moedersdag 2010

9 Mei 2010 - 00:00
9 Mei 2010 - 23:59
Etc/GMT+2

'n Baie geseënde Moedersdag word aan al ons ma's toegewens! In ons byeenkomste vandag wil ons ook spesiaal hulle vier!

Sindikeer inhoud