



Verhoudings@Mosaïek bied verskeie ondersteuningsdienste en leerervarings aan om paartjies se verhoudings te laat groei en ontwikkel binne ‘n raamwerk wat geestelike, emosionele, sielkundige en sosiale aspekte ondervang, afhangend van die spesifieke leerervaring wat deurloop word.
Die oorhoofse doelwit hiervan is om onderlinge konneksie te bewerkstellig, binne ‘n spasie waarin albei partye veilig voel in die verhouding. So 'n verhoudingspasie skep die mileu vir groei en genesing by beide die maats.
Verskeie van die leerervarings is geskoei op die Imago beginsel. Imago dui op die beeld, prent of "image" wat ons het van liefde soos ons groot geword het. Ons projekteer hierdie "image" op ons intieme maats..
Bokkie van der Westhuyzen is die Maatskaplike Werker en Imago Verhoudingsterapeut by Wholeness@Mosaiek. Kontak haar gerus by 011 2157211 of epos haar by bokkiev@mosaiek.com
Wholeness se Verhoudingspan bied die 2de Huweliksretreat van die jaar aan op 16 tot 18 September 2011 by Pure Joy in Kameeldrift.
vir meer inligting kontak Baretta Nel by 011 215 7202/ epos barettan@mosaiek.com
Wholeness bied op die naweek van 15-17 April 2011 die eerste Huweliksretreat van 2011 aan. Jy kan meer inligting hier kry 2011_brosjure_-_april_huweliksretreat.pdf, of kontak Baretta Nel by 011 215 7202 / barettan@mosaiek.com.