




‘Wholeness' vorm ‘n integrale deel van Mosaïek se visie om op ‘n missionêre wyse saam met
ander mense te groei in die kuns van die lewe.
‘Wholeness' is een spesifieke onderafdeling van dit wat alles gebeur by Mosaïek. Dit funksioneer
op dieselfde vlak as aktiwiteite soos Prediking, Kunste, Uitreike en Evangelisasie, Nuwe generasie,
Groepe en Bedienings en die Administratiewe en Logistieke afdelings in die gemeente.
‘Wholeness' se aktiwiteite word vanuit die ‘Wholeness' Sentrum gelanseer en bedryf. Die sentrum is gevestig in die 10Tien gebou tussen die klipkerk en die Genesis gebou.
|
|
‘Wholeness’ is een spesifieke onderafdeling van dit wat alles gebeur by Mosaïek. Dit funksioneer op dieselfde vlak as aktiwiteite soos Prediking, Kunste, Uitreike en Evangelisasie, Nuwe generasie, Groepe en Bedienings en die Administratiewe en Logistieke afdelings in die gemeente.
‘Wholeness’ se aktiwiteite word vanuit die ‘Wholeness’ Sentrum gelanseer en bedryf. Die sentrum is gevestig in die 10Tien gebou tussen die klipkerk en die Genesis gebou.
Ons glo om werklik die kuns van die lewe te bemeester is baie makliker wanneer ons meer heel en gesond is op alle vlakke. Alle professionele dienste, bedieninge, aktiwiteite en kursusse wat vanuit ‘Wholeness’ voortkom, is gemik daarop om menswees te integreer op ‘n fisiese-, emosionele- en geestelike vlak.
Baie dankie dat jy jou tyd afstaan om meer te wete te kom van ‘Wholeness’ by Mosaïek. Ons sal so graag jou op jou lewensreis na groter heelheid wil vergesel. Saam kan ons so die kuns van die lewe bemeester. Besoek asseblief al die fasette van Wholeness op hierdie webblad.
Dr Martie de Wet, Dieetkundige by Wholeness@Mosaiek skryf in Sarie oor twee eetplanne vir die vakansietyd.
Die dilemma: Hoe om goed te lyk in jou baaibroek én te keer dat jy die nuwe jaar nóg ronder binnegaan.
Die oplossing: ’n Gesonde eetplan om vóór Kersfees te volg en ’n paar kilogram te verloor, en nog een vir ná Nuwejaar. Die eetplanne is spesiaal vir ons opgestel deur die geregistreerde dieetkundige dr. Martie de Wet.
Dr Martie de Wet is die dieetkundige by Wholeness@Mosaiek. Kontak haar gerus op 011 215-7210 vir 'n afspraak of e-pos haar by dieetkundige@mosaiek.com.
Ons medewerker wat die leier van ons Diabetesondersteuningsroep vir die afgelope 5 jr is, Cornelia Laubscher, het Saterdag 12 November 2011 'n suksesvolle Diabetes Werkswinkel by Wholeness@Mosaiek gereel. Kinny, ons administrateur by Pastorale Sorg, Razana van Diabetes SA en Cornelia het die reelings gekoordineer en saam het hierdie staatmakers 'n oggend van uitnemende standaard laat gebeur. Van die uitstallers het diabetiese aanvullings en maaltydvervangings kom bekendstel.
Wholeness@Mosaiek se Diabetesondersteuningsgroepfassiliteerder, Cornelia Laubscher, het saam met Diabetes SA in die afgelope twee maande twee diabetes screening geleenthede aangebied en daar was onderskeidelik 35 en 70 mense wat hulle diabetes screening laat doen het. Ons hier by Wholeness wil ons opgewondenheid en groot dank teenoor Cornelia uitspreek vir haar voortgesette en gemotiveerde pogings om 'n bewussyn te skep oor diabetes onder die Mosaiek-gemeenskap. Gaan kyk gerus op die webwerf vir die opkomende Diabetesoggend wat Cornelia
Sondag 25 September 2011 het Diabetes SA in samewerking met Wholeness se Ondersteuingsgroep vir Diabete na die oggend dienste bloedsuiker getoets asook bloeddruk geneem. Die opkoms was baie goed – 35 mense het hulle suiker en bloeddruk laat toets en 3 mense het kom navrae doen ivm die Ondersteuningsgroep vir Diabete. Wat n great manier om n awareness van Diabetes onder mense in ons community te bring! Ons volgende screening is 23 Oktober 2011.
Kom gesels saam met ons oor die belangrike aspekte rondom die bestuur van Diabetes.
Datum: 12 November 2011
Tyd: 10:00 – 13:00
Plek: Wholeness sentrum/lokaal moet nog bevestig word.
Koste: R60 per persoon (verversings ingesluit)
Registreer asb by die idesk of vir meer besonderhede skakel asb vir Cornelia Laubscher by 0824444698 of cornelia.laubscher@yahoo.com
Enige iemand wat aan diabetes ly of dink hulle het moontlik diabetes / insulien weerstandigheid / pre-diabetes / lae bloedsuiker kan Sondag 23/10/11 na die oggend dienste hulle bloedsuiker laat toets by die Wholeness sentrum. Kom vind ook sommer meer uit rondom ons Ondersteuningsgroep vir Diabete.