



In 2012 vier ons by Mosaïek Lydenstyd, die 40 dae voor Jesus se kruisiging, van 22 Februarie tot PalmSondag op 1 April. Hou gerus dié spasie dop vir verdere inligting.
Maak asb. van hierdie vorm gebruik om te registreer vir die Lydenstyd-journey handleiding in PDF-formaat, wat teen Maandag, 20 Februarie 2012 aan jou ge-epos sal wod.
Indien jy die gedrukte handleiding benodig, sal beperkte hoeveelhede daarvan beskikbaar wees op Sondag, 19 Februarie 2012 by die toonbank in die Teatro se ingangsportaal afhaal.
Ons gedenk die Opstanding van Jesus met spesiale byeenkomste. Rig gerus navrae aan Michelle Cronje.
Ons gedenk die dag waarop Jesus gekruisig is, en die groot impak daarvan op ons lewens en ons geloof. Verskeie dienste vind in die Teatro en Klipkerk vandag plaas, en Paasfest is 'n gevestigde hoogtepunt op ons kalender. Rig navrae aan Michelle Cronje.
Ons gedenk Jesus se intog in Jerusalem aan die begin van Heilige Week in al ons byeenkomste vandag.
22 Februarie is die aanvang van Lydenstyd, en staan bekend as AsWoensdag. Dit verwys na die 6 weke voor PalmSondag, waar volgers van Jesus die antieke praktyke wat met afsondering en opoffering gepaardgaan omarm, ter voorbereiding vir Heilige Week. Daar sal op hierdie dag 'n byeenkoms in die Klipkerk om 12:00 plaasvind, met die ritueel van salf met as en olie. Rig navrae aan Jacques Borman.
![]() |
||
|
| ||
![]() |
|
|
Lydenstyd 2011 is op As-Woensdag, 9 Maart, ingelei met 'n spesiale Klipkerkbyeenkoms. Jy kan na Johan Geyser se inleidingsboodskap luister, by www.mosaiek.com/dokumente/lydenstyd-as-woensdag-begeleiding.