Onderwerp “Invest”

Invest 2012

Invest 2012

Mosaïek is die kunsvorm wat die gemeenskap van gelowiges in die Noordweste van Johannesburg se verbeelding aangegryp het, toe hulle in afsondering saam gebid en gewroeg het oor die toekoms van die gemeente.

Iets omtrent die skoonheid wat uit gebrokenheid herskep kan word, het saamgevat waarvoor dié gemeente wou staan: 1Om op persoonlike vlak te beleef hoe God uit hulle gebrokenheid, 2iets skoons en kosbaars kan omvorm en te sien hoe gebroke lewens wat saam die lewe diep met mekaar deel, iets beeldskoons uitbeeld. Kuns inspireer mens, en hulle droom was dat in hulle uitlewing van hulle geloof, 3ander iets kan sien van wat die Here se droom vir almal kan wees – soos hulle verstaan Jesus geleer het – om die Here lief te hê (OP-INwaarts), om hulle lewens met ander op diep vlakke te deel (METwaarts), en om 'n verskil in hulle wêreld te maak (UITwaarts).

Hierdie drie bewegings is sigbaar in die drome wat hulle glo die Here op hulle harte druk, en hulle is opgewonde oor wat voorlê. Hulle sien net gedeeltelik, maar dit is aangrypend.

Op Sondag 5 Februarie 2012 is dit Visie-Sondag, en word Invest vir dié jaar geloods. (Sien gerus hier die Invest 2012 Brosjure)

Mosaïek INVEST is die inisiatief wat fondse bestuur en rig om die drome te bereik – in lyn met 5 oogmerke wat ons gelei voel om te ontwikkel:

Invest 2012 - Commitmentvorm


Maak van hierdie vorm gebruik om 'n commitment te maak vir die Invest (Ontwikkelingsfonds)-inisiatief. Lees meer daaroor op www.mosaiek.com/invest.

Sien http://www.mosaiek.com/donasie vir die skenkbladsy.

Invest 2012 Brosjure


Invest 2011 terugvoer


Invest 2011 terugvoer

Vir terugvoer deur die jaar oor Mosaïek se ontwikkelingsfonds, Invest, volg gerus die onderstaande skakels:

Meer oor Invest 2011 deur Johan Geyser


Ons kom eenkeer ‘n jaar na jou toe om die drome en die planne vir die tyd wat voorlê aan u voor te hou.  Afgesien van ons maandelikse bedryfskostes wat gedek word deur die maandelikse tiendes en bydraes wat gegee word vra ons jou een keer ‘n jaar om te gee vir ons fokusareas en punte wat deur baie diskussies en gebed bepaal word en vasgestel word, om te sê maar dit is die goed wat ons baie graag sal wil bereik vir dit wat voorlê.

Invest video - 2011


Invest is Mosaïek se ontwikkelingsfonds, wat op Sondag 6 Februarie 2011 geloods is. Kliek hier http://www.youtube.com/embed/QVgXvV3Locg om die Invest-video te kyk. Vir 'n korter weergawe van die video kan jy dié skakel volg: http://www.youtube.com/embed/9q9nh38gTC8. Jy kan ook meer uitvind oor Invest by Johan Geyser, deur hier te kliek http://www.youtube.com/embed/jrh2DPuWfms.

 

Invest 2011 brosjure


Origins 2010 - Sondag #3


14/03/2010
14/03/2010

Die lootsing van Origins 2010 - Ontwikkelingsfonds.

Origins 2010 - Sondag #2


07/03/2010
07/03/2010

Die lootsing van Origins 2010 - Ontwikkelingsfonds.

Origins 2010 - Sondag#1


28/02/2010
28/02/2010

Die lootsing van Origins 2010 - Ontwikkelingsfonds.

Preekreekse