’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Spiritueel

As deel van ons visie om elke persoon, huwelik, en gesin holisties te bedien fokus ons ook op spirituele gesondheid. Hierdie diens sluit Mosaïek se Pastorale Sorg en  Spirituele Begeleiding in. As deel van hierdie diens kyk ons saam na jou lewe as geheel en fokus dan op hoe God se rol in jou lewe lyk. Soms is ons op ’n plek van swaar verlies, pyn en seer en het ons nodig dat iemand saam met ons ’n pad stap om te sien waar God teenwoordig is in hierdie plek waar ons nou is. In ’n ander seisoen van ons lewe wil ons graag groei en ons verhouding met die Here versterk en verdiep, en so stap ons ook daardie pad saam met jou. Kyk gerus na die Pastorale Sorg- en Spirituele Begeleiding-profiele vir spesifieke dienste wat gelewer word.

sb
Spirituele Begeleiding
Spirituele Begeleiding
Jacques Bornman
op
Pastorale Sorg
Otto Pretorius
Pastorale Sorg