’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Emosioneel

As deel van ons visie om elke persoon, huwelik en gesin holisties te bedien, fokus ons ook op emosionele gesondheid. Ingesluit in hierdie diens het ons drie registrasiekategorieë: opvoedkundige sielkunde, kliniese sielkunde en voorligtingsielkunde. Ons opvoedkundige sielkundige se fokus lê sterk by die emosionele ontwikkeling en ondersteuning van kinders wat gebuk gaan onder probleme van die lewe, skool of huislike omstandighede. Ouerleiding vorm ook deel van die diens en speel ’n belangrike rol in die terapeutiese proses by kinders. Beide ons kliniese en voorligtingsielkundige doen psigoterapie, met die fokus op volwassenes, huwelike en verhoudings. Sekere spesialis assesserings, diagnostiese en terapeutiese werk word deur die spesialisvelde aangebied. Gaan kyk gerus na elkeen se individuele profiele om hulle areas van spesialiteit te verken.

 

hv
Opvoedkundige Sielkundige
Hennie Vorster
Opvoedkundige Sielkundige
wg
Potential Coach
Wilma Geyser
Potential Coach
jf
Sielkundige
Dr Johan Ferreira
Hoof van Sielkundige - en Terapeutiese Dienste