’n geloofsgemeenskap van liefde en hoop
Site Menu

Diengids

God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Effesiërs 2:10

Hier verklaar Paulus dat elkeen van ons ‘n heilige roeping het, ‘n individuele missie of doel vir ons lewens. Dikwels ontdek ons ons roeping juis in bediening.

As volgelinge van Christus is diensbaarheid een van ons geestelike transformasie-praktyke. In die Mosaïekgemeenskap is daar ‘n onbeperkte aantal bedieningsgeleenthede wat jou persoonlikheid, passie en gawes pas. Stel jou voor ons almal lewe vanuit ons roeping tot diens van ons wêreld! Kom wees deel van iets groots… Vind jou plek om te dien.

Vir meer inligting, kontak Magda Botha 011 268 4704.

Gebruik gerus die filterstelsel links om meer spesifiek te soek.