Waarom gratis koffie & tee by Mosaiek?


Dis dalk jou eerste keer by Mosaiek. Jy kom oor die piazza aangestap, en sien oral mense om silwer tafeltjies sit - al geselsend oor ‘n koppie koffie of tee. Die gesprekke tussen die mense strek van kliphard-uit-die-maag-lag, simpatieke luister na mekaar se uitdagings, of saam soekend na rigting-wysers oor kwessies van geloof en die lewe. 

 

By Mosaiek glo ons dat spiritualiteit die beste geskied saam met ander mense. Saam ander leer ons om liefde, ondersteuning en omgee te gee en te ontvang. Ons ondersoek saam die implikasies van die Skrif vur ons lewe. Die laste van die lewe word met ander gedeel - sommige kere help jy dra, ander kere ervaar jy hoe jy met jou las gehelp word. Met elke interaksie neem jy ‘n tree van isolasie na ‘n lewe in community.

 

Die gratis koffie en tee wat by meeste bedieningsgeleenthede en dienste beskikbaar gestel word, is om gesprekke aan te moedig en te bevorder. Volgende keer as jy by so ‘n geleentheid is, moenie haastig wees om te ry nie! Maak vir jou - en dalk vir iemand anders ! - iets om te drink, neem die tyd en en deel iets van die lewe met mekaar!

 

 "A cup of coffee shared with a friend is happiness tasted and time well spent.” - Author unknown

Nuus

Artikels

X
Loading