Tienerdepressie


Truida Botha, Opvoedkundige Sielkundige, by Wholeness@Mosaïek in Fairland, Johannesburg, deel die volgende gedagtes rondom tienerdepressie:

Depressie affekteer tieners en jongmense (13 jaar en ouer) op verskillende areas van funksionering, naamlik gemoed, gedrag, verandering in houding, denke en fisieke toestand.

Die volgende simptome onderskei normale gevoelens van hartseer met dié van Depressie*:

  • Voel af (“down’), hartseer, ongelukkig en niks-werd.
  • Gevoelens van skuld.
  • Oorsensitiwiteit vir kritiek van ander, maar ook besonder selfkrities en selfbewus.
  • Geniet nie meer aktiwiteite wat hy of sy gewoonlik van hou nie en onttrek dikwels van hierdie aktiwiteite.
  • Moegheid en lae motivering.
  • Swak konsentrasie (kort aandagspan).
  • Bekommerd oor alles.
  • Lae selfbeeld en selfvertroue – vermy vriende en familie.
  • Selfbewus (voel maklik verneder).
  • Sensitief oor kritiek en/of bang om foute te maak.
  • Selfmoordgedagtes.
  • Verandering in eetpatroon of –gewoontes (gewig optel of verloor).
  • Verandering in slaappatroon (te veel of te min slaap).
  • Tieners mag soms begin rook, drink of dwelms gebruik.
  • Skoolprestasie verbeter of verswak – houding teenoor skool verander.
  • Irrasionele denke en gedagtes.
  • Maagpyn, hoofpyn, naarheid, spierspasmas.

*Dit is egter belangrik om te weet dat al die simptome nie noodwendig teenwoordig hoef te wees om die diagnose van Depressie te maak nie. Wanneer u kind ‘n paar van hierdie simptome terselfdetyd binne ‘n tydsraamwerk van twee weke ervaar, is dit moontlik dat hy of sy ‘n depressiewe episode beleef het.

Tieners en jongemense wat met Depressie gediagnoseer word, kan gebalanseerde, gelukkige lewens lei. Medikasie, psigoterapie, oefening, natuurlike aanvullings en ‘n gebalanseerde eetplan kan baie suksesvol wees in die hantering van Depressie. Truida Botha volg ‘n holistiese benadering in haar praktyk.

Kontak haar gerus by Wholeness@Mosaïek vir ‘n afspraak, (011) 215 7209 of truidab@mosaiek.com.  

Nuus

Artikels

X
Loading