Ons Herstelproses


Gebrokenheid is deel van menswees – alle mense; leiers ook. Alhoewel ons 'n groter mate van volwassenheid en heelheid van leiers verwag, struikel en val leiers ook. Wat staan ons dan te doen? As ouderlinge het ons ná studie, gebed en gesprekke besluit op 'n herstelproses. Ons hou nie van die woord tug nie, omdat die eerste assosiasie met die woord straf inhou. Ons dink en voel dat gevalle soldate nie geskiet moet word nie, maar gehelp moet word.

Ons het besluit om op die volgende manier te werk te gaan:

  • Wanneer 'n saak op die tafel is, sal daar 'n ouderling gesekondeer word om die saak te fasiliteer.
  • Die ouderling het dan die verantwoordelikheid om toe te sien dat die bediening sal voortgaan.
    Dit kan beteken dat die leier versoek sal word om vir 'n tydperk terug te staan uit die bediening, en die groep (community waar die leier bedien) in kennis gestel sal word.
  • Die leier word verwys vir terapie en aangemoedig om in community te bly leef terwyl die ouderling 'n ondersteunende rol vervul.
  • Die tydperk van herstel word amptelik opgehef deur 'n terugverwelkomingsgeleentheid na aanbeveling van die ouderling, die terapeut se verslag en die community se terugvoering. Tydens die geleentheid sal die ouderling en die community hom/haar amptelik terug verwelkom.

Die pyn en teleurstelling van 'n leier se gebrokenheid kan groot wees. Die herstel en genade wat seëvier kan nog groter wees. Die community word dieper en die band wat ons aan mekaar bind nog sterker.

Nuus

Artikels

X
Loading