'n Lewe van Kontemplasie


‘n Paar gedagtes gedeel met leierskap

The Gospel is the core of Christian living. It has within it a contemplative dimension. This dimension is God’s invitation to every human being, through Jesus Christ, to share God’s very nature. It begins as a way of listening with ears, eyes and heart. It grows as a desire to know God and to enter into God’s love. This is made possible by a dying to the self that becomes an emptying to God and experience of God’s love. Through a pattern of abiding in God that we call contemplative prayer, a change in consciousness takes place. This contemplative consciousness bonds each person in a union with God and other persons. It enables them to find God present in all things.
~definition of Contemplative Prayer and Practice, by contemporary leaders from three great Christian schools of meditation


Verbeel jou ’n lewe in die Heiligdom ... waar jy lewe met ’n veranderde bewussyn ... jy sien anders, hoor anders, dink anders ... Jy raak heeltemal teenwoordig:

  • ... Jy groei in ’n bewuswording van God in jou, God by jou, God rondom jou ...
  • ... En soos jy journey word jy meer jouself; word jy wie jy regtig is; raak jy geleidelik meer jou ware self, en verloor jy – lê jy ­af – die valse self: dit wie jy nie is nie, die persona wat jy van jouself gevorm het.
  • ... Jy raak ook meer teenwoordig met elke persoon, elke konneksie wat jou padlangs kom
  • – en jy raak meer sensitief vir God se journey en plan in daardie persoon se lewe.
  • ... want jy is dáár!

Maar kyk hoe lyk ons wêreld:

  • Ons is omring deur tegnologie wat die lewe vinniger gemaak, wat tydsgrense deurbreek en
    heinings ignoreer. Nag verander in dag met die druk van ’n knoppie. Binne ’n paar uur kan
    enige afstand oorbrug word. Vir van ons vereis afsondering energie en ’n daadwerklike
    poging.
  • Ons wêreld begin ook anders dink. Die antwoorde wat ons vertrou het kennis en
    wetenskap sou bied, skiet te kort. Kitsoplossings laat ’n slegte smaak in jou mond. Ons wit-
    en-swart-wêreld blyk meer ’n verskeidenheid grys skakerings te hê. Ons Westerse
    verwysingsraamwerk van geloof, politiek, sosiale orde, ekonomie, medici is nie altyd
    nommerpas nie, en nie meer so aantreklik soos in die vroeër Moderne wêreld nie: Elke
    ding is nie noodwendig verklaarbaar nie. Elke vraag het nie nóú ’n antwoord nie. Elke
    gevolg het nie ’n oorsaak nie. In ons Post-Moderne / Post-Rasionele omgewing raak die
    innerlike wêreld meer belangrik. Dinge raak meer relatief, oop-eindigend, prosesmatig en
    inklusief. Bewaring raak belangriker as verbruik. Denkwyses wat ruimte laat vir misterie,
    paradoks, vir omarming - van dit wat nie nou verklaar kan word nie – is aantreklik.
  • Die fisieke begin ook die pyne voel. Ons begin ons vermoë om plesier en genot te beleef
    verloor. Die adrenalien en ander stowwe wat ons liggame nodig het om net deur ’n dag te
    kom begin harder werk as wat dit ooit bedoel was om te werk; as wat dit gemaak was om te
    werk. Dit word oorgestimuleer en die versoeking is daar om oorgestimuleer te bly teen
    watter koste ookal. Kan jy jou indink watter kwaliteit lewe daar kan wees as ons vreugde
    kan put uit die skoonheid van ’n blom, ons asem weggeslaan kan word deur ’n
    sielskonneksie, ons waardering kan hê vir die ‘kleinste’ gesprek? As ons weer skoonheid
    in die kleine kan waardeer.

Die Kontemplatiewe dimensie het verlore geraak in ons spiritualiteit wat on vir hierdie wêreld verpak
het. Tog sien ons hoe hierdie dimensie ’n groot deel was van dit wat Jesus vir ons kom modeleer
het: tye van afsondering, tye van dáár wees en konneksie¸ tye van luister, tye waar Hy nie
antwoorde gegee het nie, tye van stadiger beweeg as wat sy wêreld vereis het ... Dit was hierdie
voetspore wat die vroeë kerk probeer volg het.

Ons Westerse agtergrond kan ons maklik probeer verlei deur ’n enkele wenresep vir die
kontemplatiewe lewe na te jaag, maar daar is meer as een manier om so ’n lewe te lei. Een
onafwendbare bousteen wat in elke kontemplatiewe erfenis te vinde is, is gebed. ’n Kontemplatiewe
lewe kan nie sonder gebed plaasvind nie. Die definisie van gebed is dalk breër: Dit is meer as
‘gebede opsê’ of die opstel van ’n behoeftelys. Dit behels stilword ... luister ... wag ... praat met
Hom wat die Woord is ... en die geleidelike journey waar die Woord ook vlees in ons lewens word.
Omgang met die Almagtige, Alomteenwoordige, Alwetende behels meer as ’n eensydige,
afgeramelde, indrukwekende monoloog. Gebed is en moet meer wees.

Hierdie lewe praat nie van ’n wêreldvreemde gemeenskap van eenkant wees, onttrekking en
ingeweefde-verstrengelde community nie. Hierdie is die lewe waar ons almal monikke is sonder
kloosters (die alledaagse wêreld is die klooster waarin ons dien, aanbid en waarbinne ons geken
word) – monks without monasteries. Dit vereis dat daar gelééf moet word – en ’n duidelike
uitdrukking van die lewe weergegee word – waar die lewe kuns is: aantreklik en inspirerend om na
te kyk, maar wroegend, intens, engaged, en satisfying is om te ‘skep’. Dit verg leerders wat
selfopofferend is, wat pelgrims is en bereid is om hierdie lewe te karteer deur woorde, beelde en
belewenisse wat hierdie misterieuse wêreld kan toeganglik maak vir ander, en dié wat na hulle kom.
Ons kort leiding. Ons kort lewenstrukture om ons in hierdie lewe te ondersteun. (Buddhiste het dit
reggekry om toegangsroetes tot hulle wêreld te karteer; en ’n behoeftige mensdom sal enige roete
volg wat lyk of dit by ’n oase uitkom.)

Hoe leer jy iemand van water? Wat kan jy vir hom vertel? Dis ’n deursigtige vloeistof, wat uit ’n
verbinding van twee molekules waterstof vir elke een molekule suurstof bestaan, wat deur ’n
lewende organisme ingeneem kan word en wat hy nodig het om te bestaan. Óf sal jy eerder vir
hom ’n glas yskoue water gee na ’n warm dag as hy dors is; vir hom ’n oseaan wys. Die
kontemplatiewe lewe is groot en vervul met misterie – dit is meer caught than taught. Ons gló die
antwoord/vervulling vir soveel mense lê binne ’n belewenis en eksplorering van hierdie
kontemplatiewe wêreld. Ons glo dat as mense dit eers beleef en geproe het, ’n diep hongerte in
hulle ’n bietjie meer versadig sal wees en ’n groter afhanklikheid en behoefte daarna gebore sal
wees – soos van altyd af bedoel was.

Maar hoe slaag ons daarin? Hoe kan ons dit regkry? Hoe kan ons ’n meningsvolle verskil beoog in
’n wêreld wat op spoed en ontnugtering gebou is. Ons benodig ’n kritiese massa, genoeg mense
om dit te beleef en te ervaar, wie se lewens geleidelik verander en gevul word met oomblikke waar
hulle ‘n geskenk van vrede wat alle verstand te bowe gaan, ontvang. So word hierdie meer as ’n
organisasie of ’n klub. Dit word ’n beweging – en die beweging kry momentum.

’n Beweging se grense lyk anders as dié van ’n klub of organisasie. Dalk het die pendulum nodig
om vir ’n seisoen te swaai van die vraag “Hoe glo ek reg?” (Ortodoksie) na “Hoe doen ek reg?
(Ortopraksie). Dit impliseer ’n eenwording met al die volgelinge van Jesus; en ’n aansienlike
afname in gesprekvoering en dies meer rondom dogmatiese verskille wat ons onderskei. Die Kerk
het ’n belewenis van eenheid nodig voor ons geheel en al van die speelveld van die lewe verdwyn.
Eerder om deurlopend defensief te wees en onsself te beskerm, kan ons eerder saam stories deel
van die Lewe en Passie van Jesus! En as ons eerder die “Hoe” uitleef as die “Wat” bespreek, mag
dit dalk groter aansluiting vind by die soekendes rondom ons.

Ons wêreld honger na dit wat ’n kontemplatiewe spiritualiteit kan bied.

Mag ons teenwoordig wees ...
Mag ons dáár leef ...
Mag ons dáár uit-leef ...
En saam met die miljoene voor ons uitroep:
Aan God al die aandag!


God be in my head, and in my understanding
God be in mine eyes, and in my looking
God be in my mouth, and in my speaking
God be in my heart, and in my thinking
God be at mine end, and at my departing
~ Uit Sarum Primer (13e eeuse gebed)

Preekreekse

Wat lê voor

Nuus