Kleingroep fasiliteerder Interaksie oor 'Belonging before believing' - 18 Feb 2012


Hoe om julle kleingroep die jaar af te skop... 

Dit is nou al die helfte van die 2de maand van 2012 en jy het die visie gehad dat julle kleingroep nou al by die 7de hoofstuk  van Openbaring sal wees en ten minste al een uitreik-projek onder die knieg het.

Maar julle kom net nie aan die gang nie…..

Partykeer sukkel ons as kleingroepleiers om weer momentum en ritme te kweek by ons kleingroep aan die begin van die jaar. Die lang vakansie, en die spoed waarmee die nuwe jaar begin, verg dalk kreatiewe maniere om af te skop:

  • Kuier as ‘n groep saam - om die lekkerte van saamwees te beleef
  • Doen saam ‘n uitreik - en beleef opnuut hoe ons eie uitdagings vervaag wanneer ons in liefde uitreik na ander.
  • Gesels met die groep tydens n byeenkoms oor ‘n padkaart vir die groep - wat julle visie, doelwitte, voornemens en beplanning vir die jaar vorentoe is.
  • Dit is ook dikwels helpvol om te gesels oor elkeen se verwagting vir die groep. ‘n Eerlike oop gesprek oor wat die groep vir elkeen die moeite werd maak, en wat sal maak dat hul die groep verlaat - help om mekaar se behoeftes en vrese te hoor. Gesprekke hieroor help ons om dieper te reis soos ons deel dat ‘ek totale aanvaarding nodig het’, ‘dat konflik my bang maak’, ‘ek soek n veilige plek waar ek my lewe kan deel’. Dit kan die beginpunt wees van kernwaardes vir julle groep!

Belonging before believing: Hoe om nuwe mense deel te maak van die groep

Ons was al almal iewers ‘n nuweling gewees – dalk as skolier by ‘n nuwe skool in die middel van die jaar, ‘n nuwe werk, intrekkers in ‘n nuwe omgewing. Ons weet die angs wat daarmee gepaard gaan, gemeng met die opgewondenheid oor die nuwe stap in ons lewe. 

Wanneer ‘n nuwe persoon deel van ons groep wil word, gaan ons moet besef dat hierdie person nie noodwendig dieselfde as ons glo nie. En ons moet onsself afvra – kan so ‘n persoon tot die kleingroep behoort voordat hulle dieselfde geloof en gedrag het?

Paul Wartman skryf die volgende:

“Belonging before believing may sound like borderline heresy to some. At least, that’s the way I was raised. Don’t we build strong community by ensuring that we are like-minded in the essentials? There is truth in this, but I find some challenge to these assumptions in Luke 15.

‘Now the tax collectors and sinners were all gathering around to hear Jesus. But the Pharisees and the teachers of the law muttered: ‘This man welcomes sinners and eats with them’’ (Luke 15:1-2)

Why were they muttering? They were annoyed because Jesus was including people that every other faith community excluded. Jesus seems to be offering belonging believing.

Does belief matter? Of course it matters. Jesus is not diminishing the importance of belief. Rather, He is showing us the example of love – of validating people without basing acceptance on their current beliefs and behaviours.”

Ons droom is om ‘n inklusiewe ‘community’ te bou waar aanvaarding en vryheid die bo-toon voer. Dit is egter nie maklik nie. Maar deur die moeilik, deur die uit ons ‘comfort-zone’ kom, groei ons as mens en as groep.

Hoe maak ons nuwe mense deel op ‘n praktiese manier? 

* Dit is ‘n goeie idée om vooraf die ander lede attend daarop te maak dat ‘n nuwe persoon gaan bykom, sodat groepslede daarop voorbereid is. Dit kan ook goed wees om vooraf die nuwe lid persoonlik te ontmoet, en saam te gesels oor die persoon se verwagtinge, asook te iets te deel van hoe julle as groep funksioneer.

Waar tyd ‘n kwessie is, kan ‘n goeie epos die nuwe persoon help met inligting oor die kleingroep se dinamika, hoogtepunte en doelwitte. 

* By die eerste byeenkoms mag dit dalk nodig wees om naamkaartjies vir almal te gee - veral as die groep groot is. Om almal gemaklik te laat voel en nie te veel op die nuwe persoon te fokus nie, mag ‘n ysbreker vraag of twee help.

Dit is dalk belangrik vir kleingroepe en hulle fasiliteerders om daarvan bewus te wees dat vir hierdie persoon was deelname aan ‘n kleingroep, ‘n belangrike en moeilike voorneme vir die persoon is. En ons weet hoe moeilik dit is om ‘n nuwe gewoonte te skep! Daarom skep ons dus ‘n spasie waar die nuweling geleidelik deelword - al is hulle nog nie in die gewoonte om elke byeenkoms deel te wees nie.

Mag ons voortdurend intensioneel ons community. Paul Tournier sê: “There are two things we cannot do alone. One is to be married and the other is to be a Christian.”

- Aangebied deur Marelize Malan

Nuus

Artikels

X
Loading