Truida Botha, Opvoedkundige Sielkundige, by Wholeness@Mosaïek in Fairland, Johannesburg, deel die volgende gedagtes rondom kinderdepressie:
Depressie affekteer kinders (3jr – 12jr) op verskillende areas van funksionering, naamlik gemoed, gedrag, verandering in houding, denke en fisieke toestand.
Die volgende simptome onderskei normale gevoelens van hartseer met dié van Depressie*:
*Dit is egter belangrik om te weet dat al die simptome nie noodwendig teenwoordig hoef te wees om die diagnose van Depressie te maak nie. Wanneer u kind ‘n paar van hierdie simptome terselfdetyd binne ‘n tydsraamwerk van twee weke ervaar, is dit moontlik dat hy of sy ‘n depressiewe episode beleef het.
Kinders wat met Depressie gediagnoseer word, kan gebalanseerde, gelukkige lewens lei. Medikasie, psigoterapie, oefening, natuurlike aanvullings en ‘n gebalanseerde eetplan kan baie suksesvol wees in die hantering van Depressie. Truida Botha volg ‘n holistiese benadering in haar praktyk.
Kontak haar gerus by Wholeness@Mosaïek vir ‘n afspraak, (011) 215 7209 of truidab@mosaiek.com.