Eet reg oor die feestyd - Dr Martie de Wet, Dieetkundige by Wholeness@Mosaiek


Dr Martie de Wet, Dieetkundige by Wholeness@Mosaiek skryf in Sarie oor twee eetplanne vir die vakansietyd.

 

Die dilemma: Hoe om goed te lyk in jou baaibroek én te keer dat jy die nuwe jaar nóg ronder binnegaan.

Die oplossing: ’n Gesonde eetplan om vóór Kersfees te volg en ’n paar kilogram te verloor, en nog een vir ná Nuwejaar. Die eetplanne is spesiaal vir ons opgestel deur die geregistreerde dieetkundige dr. Martie de Wet.

Volg vir tien dae vóór Kersfees Martie se Reg vir Kersfees-eetplan en vir tien dae ná Nuwejaar haar Regruk-eetplan. Dié eetplanne is só opgestel dat jy dit maklik tot twee weke op ’n slag kan verleng. Met die Reg vir Kersfees-eetplan kan jy in tien dae tussen een en ’n half en twee kilogram verloor, sodat jy met ’n lekker hart ’n bietjie tussen Kersfees en Nuwejaar kan kul sonder om uiteindelik soos ’n balie op die strand te lyk. Dié eetplan sal jou ook gesond en energiek laat voel. Volg die Regruk-eetplan ná Nuwejaar om jou liggaam te ontgif en om enige nuwe vetjies af te skud.

“Hierdie is nie uithonger-diëte wat uiters vinnige gewigsverlies sal veroorsaak nie. Dis gesond om tussen 500 g en een kilogram in ’n week te verloor,” sê Martie. Die goue reël is om altyd verstandig te eet – ook sover moontlik oor Kersfees. “Probeer slim eet sodat jy die feestyd kan geniet sonder dat jy te veel gewig aansit,” gesels Martie. “’n Klein bederfie hier en daar sal nie erge gewigstoename veroorsaak nie. Dis wanneer ’n mens alles oorboord gooi dat die vetjies vinnig aanpak.” 

 

Kliek op die skakel hieronder vir die volledige artikel.

http://www.sarie.com/gesond/dieet/voor-kersfees-eetplan

 

 

  

 

Nuus

Artikels

X
Loading