Lidmaatskap regoor die wêreld, in die eerste wêreld lande, is besig om dramaties afteneem. Al hoe meer mense voel dit is glad nie meer belangrik om ‘n lidmaat te word by ‘n kerk nie, en miskien is dit een van die groot redes hoekom ons kyk na die kerk as ‘n organisasie waarby ons moet aansluit om sekere van ons behoeftes te vervul en te ontmoet. Met ander woorde ons benader lidmaatskap baie uit ‘n verbruikers georienteerde paradigma waaruit ons kyk en ons sê, ek wil kyk of hierdie kerk my kan help met die goed wat ek nodig het in my lewe. En natuurlik gebeur dit nie, en daarom is al hoe meer mense ontnugter met lidmaatskap.
Maar Paulus praat heeltemal anders oor die kerk van die Here Jesus, hy kyk heeltemal anders daarna, hy sê, die kerk is soos ‘n liggaam, die kerk is die liggaam van Jesus. Dis eerder ‘n organisme as wat dit ‘n organisasie is, en hierdie organisme is besiel… is deurdronge met die Heilige Gees. Die Gees is in hierdie mense wat deel is van die liggaam. Met ander woorde die griekse woord wat hy hier gebruik vir Gees is asem, hierdie mense asem dieselfde lug in…hierdie mense kry lewe op dieselfde plek…hierdie mense deel dieselfde lewe…hulle kyk dieselfde na die lewe…hulle het saam iets ervaar en ondervind van God. En daarom word hulle na mekaar toe getrek…en dis iets wat jy kry regoor die wêreld. En dis nou of die kerk verbied is of verban is of vervolg word…of wat ookal…Christene gravitate na mekaar toe…en hulle kom na mekaar toe…en hulle leef met ‘n heeltemalle ander instelling. Dit gaan nie oor my en dit wat ek kan kry nie…ek het die liggaam nodig…dis hoekom ek na die liggaam toe gaan. Die hoogste idee van hoe ‘n mens kan funksioneer is nie om onafhanklik te wees nie…dit is om interafhanklik te word. Die hand kan nie vir die voet sê, ek het jou nie nodig nie. So dis ‘n nuwe manier van nederig lewe, waar jy sê maar ek het nie alles nie en ek het ander mense nodig om my te help op hierdie lewenspad waarop ek gaan. En natuurlik ook …ek weet…ek het ook iets om bytedra…God het ook vir my iets gegee…daarom moet ek ook na die liggaam toe gaan. …en dan…bestaan ons eintllik nie vir onsself nie…eintlik die enigste organisasie op hierdie aarde wat nie vir homself bestaan nie…die kerk…ons bestaan vir ander…ons het ‘n funksie, ons het ‘n roeping, daar is iets wat ons moet doen. Daar is diens oor ons geskryf, ons wil iets gee, ons wil iets maak met ons lewe…ons wil ‘n bydra leef in hierdie wêreld.
En daarom is hierdie hele idee van lidmaatskap al baie vroeg in die kerk…sê Paulus ook vir mense wat nie al deel is van die kerk nie, raak deel van daai gemeenskap. ‘n Instelling wat later gekom het, kom doen dit offisiël, kom neem lidmaatskap op…Jy word ‘n Christen deur Jesus aan te neem, en jy word ‘n lidmaat deur om die liggaam van Jesus aan te neem, en om jou te identifiseer met hulle..
- Johan Geyser
(11 November 2007)